Mobiele weergawe | Na groot weergawe




Antwoorde van 11-04-2024 (vlak 2)



vorige toets 11 APR volgende toets
(klik op 'n pyltjie om na 'n ander datum te blaai)


Die deelnemers op vlak 2 het die toets van 11-04-2024 só ingevul:



Rusland is die land met die grootste ........ ter wêreld.


28 % (afgerond)oppervlakte 
1 % (afgerond)opervlakte
11 % (afgerond)oppervlak
60 % (afgerond)oppervlak of oppervlakte

Die woorde "oppervlak" en "oppervlakte" is eintlik nie sinoniem nie, maar in die praktyk word hulle maar baie oor­vleuelend gebruik. "Oppervlak" verwys na die boonste vlak; die oppervlak van iets kan dus grof of glad of vuil of onstuimig of blink of sag of so iets wees. Daarenteen is "oppervlakte" ’n grootte wat aangedui kan word deur ’n maatwoord, soos vierkante meter of morg of hektaar. Dus: Die oppervlak van die dam is vanoggend so glad soos ’n spieël, maar Die oppervlakte van die dam is ongeveer 10 vier­kante kilometer.
Sien ook die bladsy Twyfelwoorde (mits vs tensy).




Die ........ lê in die son.


81 % (afgerond)seekoeibul en seekoeikoei 
6 % (afgerond)seekoeimannetjie en seekoeiwyfie
2 % (afgerond)seebul en seekoei
10 % (afgerond)seekoeibul en seekoei

Die manlik en vroulik vir "seekoei" (soos met 'n bees) is onderskeidelik "bul" en "koei", net soos by "olifantbul" en "olifantkoei".
Sien ook die bladsy Manlik/vroulik.




Bekende ........ van oor die wêreld heen sak vandeesweek op Kaapstad toe vir die Cape Epic-fietstoer.


96 % (afgerond)fietsryers 
4 % (afgerond)fietsers
Fietsers
Fietsryers

ʼn Persoonsnaam is ʼn afgeleide selfstandige naamwoord wat ʼn persoon aandui, byvoorbeeld “gholfspeler”, “kommunis”, “protestant”, “tikster” en "fietsryer". Dit begin gewoonlik met ʼn kleinletter.
Sien ook die bladsy Persoonsname.




Die vuurwerkvertoning was ʼn pragtige skouspel.
Wat is die woordsoort van "skouspel" in bostaande sin?



5 % (afgerond)bywoord
71 % (afgerond)selfstandige naamwoord 
7 % (afgerond)werkwoord
17 % (afgerond)byvoeglike naamwoord

'n Selfstandige naamwoord verwys na 'n persoon, plek, saak, eienskap of gebeurtenis. 'n Mens kan dit uitken deurdat 'n mens 'n lidwoord ('n of die) voor die woord kan sit en dat dit 'n meervoudsvorm het, byvoorbeeld “skouspel - die skouspel – skouspele”.
Sien ook die bladsy Woordsoorte.




TOTAALRESULTAAT:
69% korrek

Verduideliking van die kleure en simbole:
KORREK GEKIESdie korrekte antwoord (deur jou gekies)
DIE KORREKTE ANTWOORDdie korrekte antwoord (nie deur jou gekies nie)
VERKEERD GEKIES'n verkeerde antwoord (deur jou gekies)
Verkeerd.'n verkeerde antwoord (nie deur jou gekies nie)





Hulp / Kontak  |  Profiel  |  






© 2013 Beter Afrikaans is 'n gesamentlike onderneming tussen die ATKV, VivA en Martin van Toll Producties