Mobiele weergawe | Na groot weergawe




Antwoorde van 10-04-2024 (vlak 2)



vorige toets 10 APR volgende toets
(klik op 'n pyltjie om na 'n ander datum te blaai)


Die deelnemers op vlak 2 het die toets van 10-04-2024 só ingevul:



Die wiskundevraestel was maklik; ek het dit sommer ........ geskryf.


85 % (afgerond)lag-lag 
7 % (afgerond)laglag
7 % (afgerond)lag lag

Reduplikasies, byvoorbeeld “lag-lag”, “nou-nou”, “gou-gou”, word met ’n koppelteken geskryf (AWS 12.14).
Sien ook die bladsy Koppeltekens.




Daardie dinge is alles ........ van aard en eintlik nie so belangrik nie.


35 % (afgerond)materieel 
47 % (afgerond)materieël
17 % (afgerond)materiëel

Woorde wat op “-ieel”, “-ieer” en “-ieet” eindig, kry nie ’n deelteken nie (AWS 5.2).
Sien ook die bladsy Deelteken.




Jong, jy sal vinnig moet optree; voorkoming is beter as ........ !


lyde
8 % (afgerond)lyding
4 % (afgerond)ellende
87 % (afgerond)genesing 

Kry meer idiome en spreekwoorde aanlyn:
http://www.gesegdes.co.za/
Sien ook die bladsy Idiome, spreuke en spreekwoorde.




Pieter het sy lewe te danke aan die feit dat teengif onmiddellik beskikbaar was, nadat 'n ........ hom gepik het.


43 % (afgerond)slegs gaboenadder 
6 % (afgerond)slegs Gaboenadder
49 % (afgerond)Gaboenadder of gaboenadder
2 % (afgerond)slegs Gaboen-adder

Volgens die AWS (reël 9.7) begin die gewone name van plante en diere met kleinletters. Hierdie reël geld ook indien so 'n naam 'n samestelling is waarvan die eerste lid 'n eienaam is – ongeag of dit 'n geografiese, plek-, persoons-, etniese of ander eienaam is.
Hoewel die "gaboenadder" ook in KwaZulu-Natal voorkom, is die benaming afgelei van die naam van die Afrikaland, Gaboen.
Sien ook die bladsy Slegs kleinletter.




TOTAALRESULTAAT:
63% korrek

Verduideliking van die kleure en simbole:
KORREK GEKIESdie korrekte antwoord (deur jou gekies)
DIE KORREKTE ANTWOORDdie korrekte antwoord (nie deur jou gekies nie)
VERKEERD GEKIES'n verkeerde antwoord (deur jou gekies)
Verkeerd.'n verkeerde antwoord (nie deur jou gekies nie)





Hulp / Kontak  |  Profiel  |  






© 2013 Beter Afrikaans is 'n gesamentlike onderneming tussen die ATKV, VivA en Martin van Toll Producties