Mobiele weergawe | Na groot weergawe




Antwoorde van 09-04-2024 (vlak 2)



vorige toets 09 APR volgende toets
(klik op 'n pyltjie om na 'n ander datum te blaai)


Die deelnemers op vlak 2 het die toets van 09-04-2024 só ingevul:



Klein William is die ........ van al sy boeties.


meer flinker
1 % (afgerond)flinker
95 % (afgerond)flinkste 
4 % (afgerond)mees flinkste

Trappe van vergelyking volg gewoonlik ’n gevestigde patroon: Daar is die stellende trap, byvoorbeeld “flink”, die vergrotende trap, byvoorbeeld “flinker” en die oortreffende trap, byvoorbeeld “die flinkste”.
Pasop om die trappe van vergelyking twee keer te vorm. Dit is verkeerd om te sê "mees flinkste".
Sien ook die bladsy Trappe van vergelyking.




Het jy vanoggend se ........ gesien?


koerrand
100 % (afgerond)koerant 
koerand
korant

Klankverwarring lei dikwels tot spelfoute, aangesien twee letters dieselfde in Afrikaans uitgespreek word. Twee letters wat dikwels verwar word, is "d" en "t".
Sien ook die bladsy Klankverwarring.




Die sekretaris-generaal van die ANC is ........ .



80 % (afgerond)Fikile Mbalula 
5 % (afgerond)Phikile Mbalulaa
11 % (afgerond)Fekile Mballulah
5 % (afgerond)Phikiele Mballula

Persoonseiename, d.w.s. die naam van ʼn persoon, word met ʼn hoofletter geskryf.
Sien ook die bladsy Persoonsname.




Die Mullers het hul vakansieoord in 'n ........ omskep waar mense rustig kan ontspan.


2 % (afgerond)parradys
2 % (afgerond)paradeis
95 % (afgerond)paradys 
parradeis

Soms word woorde van vreemde herkoms net gedeeltelik verafrikaans, byvoorbeeld “paradys”, “hidroulies” en “kwadrupleeg”.
Die woord "paradys" kom uit Grieks "paradeisos".
(Bron: HAT)
Sien ook die bladsy Tussenklas.




TOTAALRESULTAAT:
92% korrek

Verduideliking van die kleure en simbole:
KORREK GEKIESdie korrekte antwoord (deur jou gekies)
DIE KORREKTE ANTWOORDdie korrekte antwoord (nie deur jou gekies nie)
VERKEERD GEKIES'n verkeerde antwoord (deur jou gekies)
Verkeerd.'n verkeerde antwoord (nie deur jou gekies nie)





Hulp / Kontak  |  Profiel  |  






© 2013 Beter Afrikaans is 'n gesamentlike onderneming tussen die ATKV, VivA en Martin van Toll Producties