Mobiele weergawe | Na groot weergawe




Antwoorde van 08-04-2024 (vlak 2)



vorige toets 08 APR volgende toets
(klik op 'n pyltjie om na 'n ander datum te blaai)


Die deelnemers op vlak 2 het die toets van 08-04-2024 só ingevul:



Die geknakte riet hang in die water.
Wat is die woordsoort van "riet" in bostaande sin?


12 % (afgerond)eienaam
2 % (afgerond)versamelnaam
83 % (afgerond)soortnaam 
3 % (afgerond)abstrakte naamwoord

Soortname is selfstandige naamwoorde wat konkrete dinge benoem en getel kan word, byvoorbeeld "riet", "tafel", "motor" en "telefoon". Soortname begin gewoonlik met 'n kleinletter, teenoor eiename wat met 'n hoofletter begin.
Sien ook die bladsy Woordsoorte.




Moet jou nou nie ........ hou nie; wees bietjie meer inskiklik.


14 % (afgerond)harde koejawel
83 % (afgerond)hardekoejawel 
2 % (afgerond)hardekojawel
1 % (afgerond)harde koejavel

Byvoeglike naamwoorde (soos "harde") word gewoonlik los van selfstandige naamwoorde (soos "koejawel") geskryf. Wanneer betekenisverdigting egter plaasgevind het (dit wil sê as die begrip ʼn spesifieke betekenis kry), vorm die twee begrippe ʼn eenheid en word hulle vas geskryf. 
Sien ook die bladsy Betekenisverdigting.




Dis moeilik om ʼn wenner te kies onder hierdie ........ .



96 % (afgerond)skoonhede 
1 % (afgerond)skoonheids
3 % (afgerond)skoonhedes
1 % (afgerond)skoonheidens

Woorde wat op "-heid" in die enkelvoud eindig, kry "-hede" in die meervoud, byvoorbeeld "skoonheid - skoonhede", "snelheid - snelhede", "besigheid - besighede".
Sien ook die bladsy Meervoudsvorme.




Idioom: In iemand se ........ staan.


2 % (afgerond)skynwerper
90 % (afgerond)son 
4 % (afgerond)maanskyn
4 % (afgerond)lamp

Hierdie idioom beteken 'iemand onaangenaamheid veroorsaak'.
Sien ook die bladsy Idiome, spreuke en spreekwoorde.




TOTAALRESULTAAT:
88% korrek

Verduideliking van die kleure en simbole:
KORREK GEKIESdie korrekte antwoord (deur jou gekies)
DIE KORREKTE ANTWOORDdie korrekte antwoord (nie deur jou gekies nie)
VERKEERD GEKIES'n verkeerde antwoord (deur jou gekies)
Verkeerd.'n verkeerde antwoord (nie deur jou gekies nie)





Hulp / Kontak  |  Profiel  |  






© 2013 Beter Afrikaans is 'n gesamentlike onderneming tussen die ATKV, VivA en Martin van Toll Producties