Mobiele weergawe | Na groot weergawe




Antwoorde van 03-04-2024 (vlak 2)



vorige toets 03 APR volgende toets
(klik op 'n pyltjie om na 'n ander datum te blaai)


Die deelnemers op vlak 2 het die toets van 03-04-2024 só ingevul:



Toe ons in Egipte was, het ek my aan die ........ verwonder.


3 % (afgerond)reuse-piramides
36 % (afgerond)reusepiramides 
10 % (afgerond)reuse piramiedes
51 % (afgerond)reuse piramides

Die woorddeel "reuse-" is nie 'n byvoeglike naamwoord nie, maar eerder 'n woorddeel van 'n selfstandige naamwoord. Om dit te bewys kan ons sien dat "reuse-" nie in die toets van 'n byvoeglike naamwoord val nie in die sin dat dit nie na 'n koppelwerkwoord kan staan nie. Byvoorbeeld, 'n mens kan nie sê die fout is "reuse" nie. Dit het ook nie trappe van vergelyking nie.
Sien ook die bladsy Woordsoorte.




Jy moet genoeg spaar om seker te maak jou ........ gaan genoeg wees op die dag wanneer jy aftree.


1 % (afgerond)pension
3 % (afgerond)pensiöen
1 % (afgerond)pensjoen
95 % (afgerond)pensioen 

Wanneer twee vokale langs mekaar tot twee verskillende lettergrepe behoort, kry die tweede vokaal ʼn deelteken. Dit geld egter nie wanneer ’n “a” of ’n “o” voorafgegaan word deur ’n “a”, “o”, “e”, “u” of “i” nie, byvoorbeeld “pensioen”, “geolie” en “aktuaris”. Dit geld ook nie vir samestellings nie, byvoorbeeld “studie-eenheid” en “toe-eien”.
Sien ook die bladsy Deelteken.




Die hof moet beslis of die wet op die betrokke saak van toepassing is ........ .


14 % (afgerond)aldan nie
1 % (afgerond)al-dan nie
3 % (afgerond)aldannie
82 % (afgerond)al dan nie 

Kollokasies is woordkombinasies wat dikwels saam gebruik word, maar nie vaste uitdrukkings is nie, omdat die woorde se afsonderlike betekenis nie verander nie. Voorbeelde van kollokasies is: “al dan nie”; “met hart en siel”; “teen wil en dank” en “met raad en daad”.
Sien ook die bladsy Kollokasies.




Zanele het 'n kudde ........ op haar plaas.



24 % (afgerond)slegs Drakensbergers
52 % (afgerond)Drakensbergers of drakensbergers 
24 % (afgerond)slegs drakensbergers

Die benamings van diererasse kan met hoof- of kleinletters geskryf word, byvoorbeeld "drakensberger" of "Drakensberger"; "merino" of "Merino" (AWS 9.7d)
Sien ook die bladsy Hoof- of kleinletter.




TOTAALRESULTAAT:
66% korrek

Verduideliking van die kleure en simbole:
KORREK GEKIESdie korrekte antwoord (deur jou gekies)
DIE KORREKTE ANTWOORDdie korrekte antwoord (nie deur jou gekies nie)
VERKEERD GEKIES'n verkeerde antwoord (deur jou gekies)
Verkeerd.'n verkeerde antwoord (nie deur jou gekies nie)





Hulp / Kontak  |  Profiel  |  






© 2013 Beter Afrikaans is 'n gesamentlike onderneming tussen die ATKV, VivA en Martin van Toll Producties