Mobiele weergawe | Na groot weergawe




Antwoorde van 02-04-2024 (vlak 2)



vorige toets 02 APR volgende toets
(klik op 'n pyltjie om na 'n ander datum te blaai)


Die deelnemers op vlak 2 het die toets van 02-04-2024 só ingevul:



Die bokser is in die tweede ronde ........ .



97 % (afgerond)uitgeklop 
geuitklop
2 % (afgerond)uit geklop
geüiklop

Skeibare werkwoorde wat die hoofklem op die eerste lettergreep het, vorm die voltooide deelwoord met “-ge-” (AWS 17.2).
Sien ook die bladsy Deelwoorde.




Die saak word vanmiddag in die Parlement ........ .


48 % (afgerond)gedebateer
10 % (afgerond)debateer
36 % (afgerond)gedebatteer 
7 % (afgerond)debatteer

As ’n stam van ’n woord uitgaan op [a], [ε], [ͻ], [ә] of [œ] en ’n konsonant, word die konsonant in die afleidings verdubbel, byvoorbeeld “debatteer”, “detailleer”, “blikkie”, “beddens”, “kramatte” (AWS 11.26).
Sien ook die bladsy Konsonantverdubbeling.




Die geestelike leier van ʼn Joodse gemeente is 'n ........ .



1 % (afgerond)rabie
55 % (afgerond)rabbi 
2 % (afgerond)Rabie
42 % (afgerond)Rabbi

ʼn Persoonsnaam is ʼn selfstandige naamwoord wat ʼn persoon aandui, byvoorbeeld “rabbi”, “kommunis”, “protestant”, “tikster”. Dit begin gewoonlik met ʼn kleinletter.
Sien ook die bladsy Persoonsname.




Die gereg bestaan uit 'n ........ bestanddele.


3 % (afgerond)verskydenheid
variteit
95 % (afgerond)verskeidenheid 
1 % (afgerond)variëteit

Die woord "verskeidenheid" beteken 'n "versameling/groep/klomp dinge van verskillende soorte"; die woord "variëteit" verwys na "verskillende vorme van dieselfde saak", byvoorbeeld "variëteite van 'n taal".
(Bron HAT)
Sien ook die bladsy Twyfelwoorde (mits vs tensy).




TOTAALRESULTAAT:
71% korrek

Verduideliking van die kleure en simbole:
KORREK GEKIESdie korrekte antwoord (deur jou gekies)
DIE KORREKTE ANTWOORDdie korrekte antwoord (nie deur jou gekies nie)
VERKEERD GEKIES'n verkeerde antwoord (deur jou gekies)
Verkeerd.'n verkeerde antwoord (nie deur jou gekies nie)





Hulp / Kontak  |  Profiel  |  






© 2013 Beter Afrikaans is 'n gesamentlike onderneming tussen die ATKV, VivA en Martin van Toll Producties