Mobiele weergawe | Na groot weergawe




Antwoorde van 01-04-2024 (vlak 2)



vorige toets 01 APR volgende toets
(klik op 'n pyltjie om na 'n ander datum te blaai)


Die deelnemers op vlak 2 het die toets van 01-04-2024 só ingevul:



Die mens is die enigste ........ met 'n ingewikkelde taalgebruik.


97 % (afgerond)spesie 
1 % (afgerond)speesie
3 % (afgerond)spesies
speesies

In Engels is die term "species" altyd in die meervoud; in Afrikaans is daar 'n enkelvoud "spesie" en 'n meervoud "spesies".
Sien ook die bladsy Vertaling en terminologie.




ʼn ........ is afgekondig nadat die damwal bokant die dorp gebreek het.



3 % (afgerond)Nood toestand
Nood toe stand
95 % (afgerond)Noodtoestand 
1 % (afgerond)Nood-toestand

ʼn Samestelling (“noodtoestand”) is ʼn woord wat uit twee of meer woorddele (“nood” en “toestand”) bestaan. Samestellings moet vas geskryf word.
Sien ook die bladsy Samestellings.




Meneer Patrick Malgas en mevrou Angela Kwan, twee bekende ........ en ekonomiese kenners, sal vanaand deel van die televisiedebat oor die begroting wees.


24 % (afgerond)sakelui
8 % (afgerond)sakepersone
64 % (afgerond)sakepersone of sakelui 
4 % (afgerond)sakemense

Die HAT gee die betekenis van "-lui" aan as ''n agtervoegsel by 'n aantal selfstandige naamwoorde om die meervoud aan te dui'. Ander voorbeelde is "skeepslui" en "beroepslui". Die neutrale term om na manlike én vroulike sakelui te verwys, is "sakepersone" en nie "sakemense" nie.
Sien ook die bladsy Meervoudsvorme.




Jy sal met daai hond nie veel uitgerig kry nie, hy is so dom soos 'n ........ .


1 % (afgerond)kuiken
53 % (afgerond)esel 
8 % (afgerond)haas
37 % (afgerond)donkie

'n Esel (ook 'n donkie genoem) is 'n viervoetige perdagtige soogdier wat sedert pre-historiese tye deur die mens makgemaak en as ry-, pak- en trekdier geteel is. Ons sê iemand is so dom soos 'n esel, maar nie so dom soos 'n donkie nie.
Bron: https://af.wikipedia.org/wiki/Donkie en https://af.wikipedia.org/wiki/Vergelykings_(taalkunde)
Sien ook die bladsy Vergelykings.




TOTAALRESULTAAT:
77% korrek

Verduideliking van die kleure en simbole:
KORREK GEKIESdie korrekte antwoord (deur jou gekies)
DIE KORREKTE ANTWOORDdie korrekte antwoord (nie deur jou gekies nie)
VERKEERD GEKIES'n verkeerde antwoord (deur jou gekies)
Verkeerd.'n verkeerde antwoord (nie deur jou gekies nie)





Hulp / Kontak  |  Profiel  |  






© 2013 Beter Afrikaans is 'n gesamentlike onderneming tussen die ATKV, VivA en Martin van Toll Producties