Mobiele weergawe | Na groot weergawe




Antwoorde van 29-03-2024 (vlak 2)



vorige toets 29 MRT volgende toets
(klik op 'n pyltjie om na 'n ander datum te blaai)


Die deelnemers op vlak 2 het die toets van 29-03-2024 só ingevul:



Die komitee was ........ teenoor die kandidaat en het haar nie in die pos aangestel nie.


bevoorordeld
bivooroordeeld
bevorordeeld
99 % (afgerond)bevooroordeeld 

In geslote lettergrepe (soos in die woord "bevooroordeeld") word lang klanke verdubbel om aan te dui dat hulle lank uitgespreek word (AWS 16.1).
Sien ook die bladsy Lang/kort vokale.




Ek weet nog nie hoe ons vakansieplanne ........ nie, maar ek laat weet jou so gou alles gefinaliseer is.


26 % (afgerond)daarna uitsien
1 % (afgerond)daaruit nasien
54 % (afgerond)daar uitsien 
19 % (afgerond)daaruit sien

Die uitdrukking "daar uitsien" beteken 'lyk' en is 'n deftige manier om dit te stel. In hierdie konteks is "uitsien" 'n skeibare werkwoord en "daar" is die eksistensiële daar. In die praktyk beteken dit "daar" is altyd los en "uitsien" gaan na gelang van die sinskonstruksie vas of geskei wees:
Sien ook die bladsy Kollokasies.




Die ........ het 'n baie lang asem.


1 % (afgerond)lang afstand atleet
10 % (afgerond)langafstand atleet
1 % (afgerond)lang afstand-atleet
88 % (afgerond)langafstandatleet 

Die woord "langafstandatleet" is 'n samestellende samestelling, waar 'n woordgroep ("lang afstand") vas geskryf word aan 'n naamwoord ("atleet"). (Bron: ATKV Spelathon)
Sien ook die bladsy Samestellende samestellings.




Ek wil graag tydens die ........ by die konsert 'n koppie koffie drink.


10 % (afgerond)intermezzo
76 % (afgerond)pouse 
9 % (afgerond)interval
4 % (afgerond)breuk


Sien ook die bladsy Twyfelwoorde (mits vs tensy).




TOTAALRESULTAAT:
79% korrek

Verduideliking van die kleure en simbole:
KORREK GEKIESdie korrekte antwoord (deur jou gekies)
DIE KORREKTE ANTWOORDdie korrekte antwoord (nie deur jou gekies nie)
VERKEERD GEKIES'n verkeerde antwoord (deur jou gekies)
Verkeerd.'n verkeerde antwoord (nie deur jou gekies nie)





Hulp / Kontak  |  Profiel  |  






© 2013 Beter Afrikaans is 'n gesamentlike onderneming tussen die ATKV, VivA en Martin van Toll Producties