Mobiele weergawe | Na groot weergawe




Antwoorde van 25-03-2024 (vlak 2)



Geen vorige toets beskikbaar nie 25 MRT volgende toets
(klik op 'n pyltjie om na 'n ander datum te blaai)


Die deelnemers op vlak 2 het die toets van 25-03-2024 só ingevul:



Die polisie vuur ʼn sarsie skote oor die koppe van die oproerige skare.
Onder watter subkategorie van die betrokke woordsoort val "sarsie" in bostaande sin?



16 % (afgerond)abstrakte naamwoorde
61 % (afgerond)versamelname 
2 % (afgerond)eiename
21 % (afgerond)massaname

'n Versamelnaam is ’n selfstandige naamwoord wat ’n versameling dinge van dieselfde soort aandui. 'n "Sarsie" is die naam van 'n groep skote in die geval.
Sien ook die bladsy Woordsoorte.




Die brief was verseël met die koning se ........ .


1 % (afgerond)seël-ring
92 % (afgerond)seëlring 
1 % (afgerond)seël ring
6 % (afgerond)seelring

ʼn Samestelling (“seëlring”) is ʼn woord wat uit twee of meer woorddele (“seël” en “ring”) bestaan. Samestellings moet vas geskryf word.
Sien ook die bladsy Samestellings.




Dit is ʼn ........ weiering van ʼn vriendelike versoek.


51 % (afgerond)bot of botte 
36 % (afgerond)slegs bot
14 % (afgerond)slegs botte

Sommige byvoeglike naamwoorde wat voor ʼn selfstandige naamwoord staan, kry ʼn "-e" (attributiewe "-e") agteraan. In hierdie geval is die "-te" opsioneel. Die konsonant word verdubbel om die klank kort te hou.
Sien ook die bladsy Attributiewe -e.




Idioom: Die beste ........ staan aan wal.


2 % (afgerond)offisier
2 % (afgerond)matroos
5 % (afgerond)kaptein
92 % (afgerond)stuurman 

Die idioom "die beste stuurman staan aan wal" beteken 'dit is maklik om ander te kritiseer as jy nie in hulle posisie is nie'. (Bron Spreekwoorde - Anton Prinsloo)
Sien ook die bladsy Idiome, spreuke en spreekwoorde.




TOTAALRESULTAAT:
74% korrek

Verduideliking van die kleure en simbole:
KORREK GEKIESdie korrekte antwoord (deur jou gekies)
DIE KORREKTE ANTWOORDdie korrekte antwoord (nie deur jou gekies nie)
VERKEERD GEKIES'n verkeerde antwoord (deur jou gekies)
Verkeerd.'n verkeerde antwoord (nie deur jou gekies nie)





Hulp / Kontak  |  Profiel  |  






© 2013 Beter Afrikaans is 'n gesamentlike onderneming tussen die ATKV, VivA en Martin van Toll Producties