25 JUL (klik op 'n pyltjie om na 'n ander datum te blaai)
Die deelnemers op vlak 2 het die toets van 25-07-2024 só ingevul:
Die minister moes voor die parlement se Staande Komitee oor Openbare Rekeninge verskyn oor haar departement se verkwistende besteding. 'n Sinoniem vir "verkwistende" is ........ .
suinige spandabelrige
beperkte
spaarsamige
Sinonieme is woorde met min of meer dieselfde betekenis. 'n Sinoniem vir die woord "verkwistend" is 'spandabelrig'.
Sien ook die bladsy Sinonieme.
Die vergelykende trap van "robuus" is ........ .
robuusster robuuster
robuster
robbusster
Die meeste woorde in Afrikaans neem “-er” in die vergrotende trap en word nooit saam met “meer” gebruik nie.
Sien ook die bladsy Trappe van vergelyking.
Die Gautengse ........ het swak polisie-intelligensie die skuld gegee vir die polisie se mislukte poging om misdaad te bekamp.
departement van gemeenskapsveiligheid
Departement van gemeenskapsveiligheid
departement van Gemeenskapsveiligheid Departement van Gemeenskapsveiligheid
Soortname wat as eiename optree, kry aanvangshoofletters (behalwe lidwoorde en voorsetsels) (AWS 9.9). Dit sluit in die name van staatsdepartemente, fakulteite by universiteite, politieke partye, nieregeringsorganisasies en kerke.
Sien ook die bladsy Slegs hoofletter.
Die graadelfs reël ʼn lekker makietie vir die matrieks. Onder watter subkategorie van die woordsoort val "makietie" in bostaande sin?
eiename soortname
versamelname
feesname
Soortname is selfstandige naamwoorde wat konkrete dinge benoem en getel kan word, byvoorbeeld "makietie", "tafel", "motor" en "telefoon". Soortname begin gewoonlik met 'n kleinletter, teenoor eiename wat met 'n hoofletter begin.
Sien ook die bladsy Woordsoorte.
Verduideliking van die kleure en simbole:
die korrekte antwoord (deur jou gekies)
die korrekte antwoord (nie deur jou gekies nie)
'n verkeerde antwoord (deur jou gekies)
'n verkeerde antwoord (nie deur jou gekies nie)