Mobiele weergawe | Na groot weergawe







Antwoorde van 02-07-2020 (vlak 2)



vorige toets 02 JUL volgende toets
(klik op 'n pyltjie om na 'n ander datum te blaai)


Die deelnemers op vlak 2 het die toets van 02-07-2020 só ingevul:



'n Sinoniem vir die woord "vasteland" is ........ .


1 % (afgerond)eiland
1 % (afgerond)gondwana
98 % (afgerond)kontinent 

Sinonieme is verskillende woorde wat min of meer dieselfde betekenis het. Die woord "kontinent" kom van die Latynse "con" en "tenere" wat 'hou' beteken.
Sien ook die bladsy Sinonieme.




Die sywurm spin 'n ........ voordat hy in 'n papie verander.


1 % (afgerond)kokoinkie
16 % (afgerond)kokonetjie
8 % (afgerond)kokontjie
76 % (afgerond)kokonnetjie 

Woorde wat op ʼn “l”, “m”, “n” of “r” eindig wat op ʼn kort vokaal volg, kry “-etjie” in die verkleiningsvorm, met die konsonant wat verdubbel om die vokaal kort te hou.
Sien ook die bladsy Verkleiningsvorme.




'n Peettante is ........


die tannie wat kyk dat kinders nie peuter nie.
98 % (afgerond)die vrou wat die ouers van die kind by die doop beloof om hulle te help om na die kind te kyk. 
die vrou van oom Peet.
1 % (afgerond)jou pa se suster.

ʼn Persoonsnaam is ʼn afgeleide selfstandige naamwoord wat ʼn persoon aandui, byvoorbeeld “peettante”, “kommunis”, “protestant”, “tikster”. Dit begin gewoonlik met ʼn kleinletter. Die woord "peettante" of "peetma" is die vrou wat die ouers beloof om te help om na die kinders om te sien. Dit kom van die Latynse woord "patrinus" wat 'van die vader' beteken.
Sien ook die bladsy Slegs kleinletter.




Tony verdien kwalik genoeg geld om kos te koop.
Wat is die woordsoort van "kwalik" in bostaande sin?


40 % (afgerond)bywoord van wyse
40 % (afgerond)bywoord van modaliteit 
20 % (afgerond)bywoord van skaarste
1 % (afgerond)bywoord van boosheid

Bywoorde beskryf die adjektief of die werkwoord in 'n sin. Daar is verskillende soorte bywoorde, byvoorbeeld bywoord van modaliteit - "kwalik", bywoord van tyd - "môre", bywoord van graad - "besonder" en bywoord van wyse - "vinnig".
Sien ook die bladsy Woordsoorte.




TOTAALRESULTAAT:
78% korrek

Verduideliking van die kleure en simbole:
KORREK GEKIESdie korrekte antwoord (deur jou gekies)
DIE KORREKTE ANTWOORDdie korrekte antwoord (nie deur jou gekies nie)
VERKEERD GEKIES'n verkeerde antwoord (deur jou gekies)
Verkeerd.'n verkeerde antwoord (nie deur jou gekies nie)





Hulp / Kontak  |  Profiel  |  






© 2013 Beter Afrikaans is 'n gesamentlike onderneming tussen die ATKV, VivA en Martin van Toll Producties