Mobiele weergawe | Na groot weergawe




Antwoorde van 30-04-2024 (vlak 1)



vorige toets 30 APR Geen volgende toets beskikbaar nie
(klik op 'n pyltjie om na 'n ander datum te blaai)


Die deelnemers op vlak 1 het die toets van 30-04-2024 só ingevul:



Ons het die hele ent net klippe en sand gesien.
Wat is die woordsoort van "ent" in bostaande sin?


11 %bywoord
8 %byvoeglike naamwoord
80 % (afgerond)selfstandige naamwoord 
2 % (afgerond)voornaamwoord

’n Selfstandige naamwoord verwys na ’n persoon, plek of saak. ’n Mens kan dit gewoonlik uitken deurdat ’n mens ’n lidwoord (“’n” of “die”) voor die woord kan sit en dat dit 'n meervoudsvorm het. Byvoorbeeld, “ent - die ent – ente”.
Sien ook die bladsy Woordsoorte.




Hoeveel kos ’n ........ ? Ek moet ’n paar maak vir my skooltaak.


5 %photokopie
2 % (afgerond)photokopié
82 % (afgerond)fotokopie 
12 %fotokopié

ʼn Samestelling ("fotokopie") is ʼn woord wat uit twee of meer woorddele ("foto" en "kopie") bestaan. Samestellings moet vas geskryf word.
Sien ook die bladsy Samestellings.




Die ........ Gerard Moerdyk het die Voortrekkermonument ontwerp.


85 % (afgerond)argitek 
11 % (afgerond)argietek
1 % (afgerond)Argietek
5 % (afgerond)Argitek

ʼn Persoonsnaam is ʼn afgeleide selfstandige naamwoord wat ʼn persoon aandui, byvoorbeeld “argitek”, “kommunis”, “protestant”, “tikster”. Dit begin gewoonlik met ʼn kleinletter.
Sien ook die bladsy Persoonsname.




Kinders is gek oor bak en ........ .


9 %brouw
3 % (afgerond)bro
89 % (afgerond)brou 

Kollokasies is woordkombinasies wat dikwels saam gebruik word, maar nie vaste uitdrukkings is nie, omdat die woorde se afsonderlike betekenis nie verander nie. Voorbeelde van kollokasies is: “bak en brou”; “met hart en siel”; “teen wil en dank” en “met raad en daad”.
Sien ook die bladsy Kollokasies.




TOTAALRESULTAAT:
84% korrek

Verduideliking van die kleure en simbole:
KORREK GEKIESdie korrekte antwoord (deur jou gekies)
DIE KORREKTE ANTWOORDdie korrekte antwoord (nie deur jou gekies nie)
VERKEERD GEKIES'n verkeerde antwoord (deur jou gekies)
Verkeerd.'n verkeerde antwoord (nie deur jou gekies nie)





Hulp / Kontak  |  Profiel  |  






© 2013 Beter Afrikaans is 'n gesamentlike onderneming tussen die ATKV, VivA en Martin van Toll Producties