Mobiele weergawe | Na groot weergawe




Antwoorde van 16-05-2024 (vlak 2)



vorige toets 16 MEI Geen volgende toets beskikbaar nie
(klik op 'n pyltjie om na 'n ander datum te blaai)


Die deelnemers op vlak 2 het die toets van 16-05-2024 só ingevul:



Die speurder probeer 'n ........ verloop van gebeure saamstel.


20 % (afgerond)kronologiese
1 % (afgerond)chroniese of kroniese
13 % (afgerond)chronologiese
66 % (afgerond)chronologiese of kronologiese 

ʼn Wisselvorm is ʼn alternatiewe spelling van ʼn woord wat steeds korrek is, byvoorbeeld, “chronologies – kronologies”; “Mexiko – Meksiko”; “restaurant – restourant”.
Sien ook die bladsy Wisselvorme.




Dit wemel van die ........ in daardie huis.


1 % (afgerond)kakkerlakens
99 % (afgerond)kakkerlakke 
kakkerlaks
kakkerlakkens

Naamwoorde wat op “b”, “d”, “f”, “g”, “k”, “p”, “s” en “t” eindig, kry ʼn “-e” in die meervoudsvorm (AWS 13.1). Die "k" word verdubbel om die "a"-klank kort te hou.
Sien ook die bladsy Meervoudsvorme.




Die wyse manne uit ........ het geskenke gebring.


12 % (afgerond)Die Ooste
14 % (afgerond)die ooste
1 % (afgerond)Die ooste
74 % (afgerond)die Ooste 

Wanneer ons na die windrigting verwys, skryf ons "ooste" (byvoorbeeld "die wind waai uit die ooste"), maar wanneer ons na die geografiese streek verwys, skryf ons "die Ooste".
Sien ook die bladsy Plekname.




Daar is net ........ water oor en ons moet dit deel tussen twintig mense!


8 % (afgerond)5-koppies
91 % (afgerond)5 koppies 
1 % (afgerond)5koppies

Indien 'n maatnaamwoord wat hoeveelheid aandui deur 'n massanaamwoord (soos "grond/goud/sand") gevolg word, word die twee woorde los van mekaar geskryf.
Sien ook die bladsy Getalle.




TOTAALRESULTAAT:
82% korrek

Verduideliking van die kleure en simbole:
KORREK GEKIESdie korrekte antwoord (deur jou gekies)
DIE KORREKTE ANTWOORDdie korrekte antwoord (nie deur jou gekies nie)
VERKEERD GEKIES'n verkeerde antwoord (deur jou gekies)
Verkeerd.'n verkeerde antwoord (nie deur jou gekies nie)





Hulp / Kontak  |  Profiel  |  






© 2013 Beter Afrikaans is 'n gesamentlike onderneming tussen die ATKV, VivA en Martin van Toll Producties