Mobiele weergawe | Na groot weergawe



Antwoorde van 17-11-2026 (vlak 1)



vorige toets 17 NOV volgende toets
(klik op 'n pyltjie om na 'n ander datum te blaai)


Die deelnemers op vlak 1 het die toets van 17-11-2026 só ingevul:



Die geknakte riet hang in die water.
Wat is die woordsoort van "riet" in bostaande sin?
2 % (afgerond)byvoeglike naamwoord
96 % (afgerond)selfstandige naamwoord 
bywoord
1 % (afgerond)werkwoord

’n Selfstandige naamwoord verwys na ’n persoon, plek of saak. ’n Mens kan dit gewoonlik uitken deurdat ’n mens ’n lidwoord (“’n” of “die”) voor die woord kan sit en dat dit 'n meervoudsvorm het. Byvoorbeeld, “riet - die riet – riete”.
Sien ook die bladsy Woordsoorte.



As jy nie die ........ ken nie, sal jy nie op die rekenaar kan aanmeld nie.
waag woord
wag woord
100 % (afgerond)wagwoord 
waagwoord

ʼn Samestelling ("wagwoord") is ʼn woord wat uit twee of meer woorddele ("wag" en "woord") bestaan. Samestellings moet vas geskryf word.
Sien ook die bladsy Samestellings.



Tydens die ........ het talle mense gesterf.
90 % (afgerond)Eerste Wêreldoorlog 
eerste wêreld oorlog
6 % (afgerond)Eerstewêreldoorlog
4 % (afgerond)eerste wêreldoorlog

Die name van belangrike historiese gebeure ("Eerste Wêreldoorlog") word met hoofletters gespel (AWS 9.9).
Sien ook die bladsy Slegs hoofletter.



Idioom: Ek kan hoor hoe my ma saans kreun as my pa ........ saag!
vloere
11 % (afgerond)planke
6 % (afgerond)hout
83 % (afgerond)balke 

Die idioom om "balke te saag" as jy slaap, beteken jy 'snork'! (Meesal tot jou bedmaat se ergernis!)
(Bron: Spreekwoorde - Anton Prinsloo)
Sien ook die bladsy Idiome, spreuke en spreekwoorde.



TOTAALRESULTAAT:
92% korrek

Verduideliking van die kleure en simbole:
KORREK GEKIESdie korrekte antwoord (deur jou gekies)
DIE KORREKTE ANTWOORDdie korrekte antwoord (nie deur jou gekies nie)
VERKEERD GEKIES'n verkeerde antwoord (deur jou gekies)
Verkeerd.'n verkeerde antwoord (nie deur jou gekies nie)





Hulp / Kontak  |  Profiel  |  






© 2013 Beter Afrikaans is 'n gesamentlike onderneming tussen die ATKV, VivA en Martin van Toll Producties