12 NOV (klik op 'n pyltjie om na 'n ander datum te blaai)
Die deelnemers op vlak 3 het die toets van 12-11-2026 só ingevul:
Die versekeringsmaatskappy het met Justis oor sy uitkeerpolis ........ .
korespondeer korrespondeer gekorespondeer gekorrespondeer
Werkwoorde met drie of meer lettergrepe wat op "-eer" eindig, neem die "ge-" vooraan in die verlede tyd (AWS 17.4).
Sien ook die bladsy Verlede tyd.
Groen druiwe het 'n ........ smaak.
vranck frank franck vrank
"Vrank" beteken suur en onaangenaam, terwyl "frank" onder andere 'n ou munteenheid in Frankryk was.
Sien ook die bladsy Homofone.
Die ........ komponis, Richard Wagner, is veral bekend vir sy operas.
negentiende-eeuse negentiendeëeuse negentiende eeuse negentiende eeu se
Samestellende afleidings bestaan uit 'n agtervoegsel ("-se") wat 'n woordgroep ("negentiende eeus") saambind tot 'n woord wat vas geskryf word.
Sien ook die bladsy Samestellende afleidings.
'n ........ afvaardiging sal vandeesweek die land besoek om beleggingsgeleenthede te ondersoek.
Sjinese Chinese Chinese of Sjinese
Die 2017-AWS erken slegs die spelling "Chinese".
Sien ook die bladsy Verafrikaanste woorde.
Verduideliking van die kleure en simbole: die korrekte antwoord (deur jou gekies) die korrekte antwoord (nie deur jou gekies nie) 'n verkeerde antwoord (deur jou gekies) 'n verkeerde antwoord (nie deur jou gekies nie)