10 NOV (klik op 'n pyltjie om na 'n ander datum te blaai)
Die deelnemers op vlak 2 het die toets van 10-11-2026 só ingevul:
Linne is 'n ........ materiaal as katoen.
duursaamer meer duursamer duursamer meer duursaam
Trappe van vergelyking volg gewoonlik ’n gevestigde patroon: Daar is die stellende trap, byvoorbeeld “duursaam”, die vergrotende trap, byvoorbeeld “duursamer” en die oortreffende trap, byvoorbeeld “die duursaamste”.
Sien ook die bladsy Trappe van vergelyking.
Die ........ van die brand kon nog nie vasgestel word nie.
orsak oorsaak orsaak oorsak
In geslote lettergrepe (soos in die woord “oorsaak”) word lang klanke verdubbel om aan te dui dat hulle lank uitgespreek word (AWS 16.1).
Sien ook die bladsy Lang/kort vokale.
Die geskiedenis van ........ is baie interessant.
Die Middeleeue die Middeleeue die middeleeue
Ingevolge reël 9.9 in die AWS word soortname wat as eiename optree met aanvangshoofletters (behalwe lidwoorde en voorsetsels) geskryf. Sommige koerante verkies egter om dit met kleinletters te skryf ten einde leesbaarheid te verhoog.
Sien ook die bladsy Soortname as eiename.
Een van die bystanders is deur 'n klip getref. 'n Sinoniem vir die woord "bystander" is ........ .
omstaner omstander bystaner
Sinonieme is verskillende woorde wat min of meer dieselfde betekenis het. (Bron: HAT)
Sien ook die bladsy Sinonieme.
Verduideliking van die kleure en simbole: die korrekte antwoord (deur jou gekies) die korrekte antwoord (nie deur jou gekies nie) 'n verkeerde antwoord (deur jou gekies) 'n verkeerde antwoord (nie deur jou gekies nie)