10 NOV (klik op 'n pyltjie om na 'n ander datum te blaai)
Die deelnemers op vlak 1 het die toets van 10-11-2026 só ingevul:
Die tennisspeler moker die bal oor die net. Wat is die woordsoort van "moker" in bostaande sin?
selfstandige naamwoord werkwoord voegwoord bywoord
'n Werkwoord benoem die aksie of proses in 'n sin. Een manier om vas te stel of 'n woord 'n werkwoord is, is om te kyk of daar 'n verledetydsvorm van die woord bestaan, wat gewoonlik met "ge-" aangedui word, byvoorbeeld "moker - gemoker".
Sien ook die bladsy Woordsoorte.
Kleuters is mal daaroor om op ’n ........ te klouter.
klim raam klim ram klimram klimraam
ʼn Samestelling ("klimraam") is ʼn woord wat uit twee of meer woorddele ("klim" en "raam") bestaan. Samestellings moet vas geskryf word.
Sien ook die bladsy Samestellings.
My vriendin kan ........ , Xhosa en Venda praat.
tswana Tswana Tswana of tswana
Taalname begin met 'n hoofletter.
Sien ook die bladsy Slegs hoofletter.
Ons het maar oor ditjies en ........ gesels totdat die jy hier aangekom het.
datjies daardies geitjies kalfies
Die uitdrukking "oor ditjies en datjies gesels" beteken 'om oor kleinighede te gesels'. (Bron: Spreekwoorde - Anton Prinsloo)
Sien ook die bladsy Idiome, spreuke en spreekwoorde.
Verduideliking van die kleure en simbole: die korrekte antwoord (deur jou gekies) die korrekte antwoord (nie deur jou gekies nie) 'n verkeerde antwoord (deur jou gekies) 'n verkeerde antwoord (nie deur jou gekies nie)