09 NOV (klik op 'n pyltjie om na 'n ander datum te blaai)
Die deelnemers op vlak 2 het die toets van 09-11-2026 só ingevul:
Sy staan met moeite op. Wat is die woordsoort van die woord "staan" in bostaande sin?
bywoord voegwoord byvoeglike naamwoord werkwoord
'n Werkwoord benoem die aksie of proses in 'n sin. Een manier om vas te stel of 'n woord 'n werkwoord is, is om te kyk of daar 'n verledetydsvorm van die woord bestaan, wat gewoonlik met "ge-" aangedui word. By skeibare werkwoorde wat die hoofklem op die eerste lettergreep het, vorm die voltooide deelwoord met “-ge-” (AWS 17.2). Die woorddele "staan" en "op" in die voorbeeldsin vorm 'n skeibare werkwoord.
Sien ook die bladsy Woordsoorte.
Toe ons ........ in Namakwaland gaan blomme kyk het, het ’n skilpad oor die pad geloop.
eenkeur een keer eenkeer een keur
In die betekenis "op ’n keer" vind betekenisverdigting met ’n telwoord plaas en "eenkeer" word vas geskryf.
Sien ook die bladsy Samestellings.
Daar hang 'n klein ........ oor die berg.
wolktjie wolkje wolkdjie wolkie
Woorde wat eindig op “f”, “g”, “k”, “p”, of “s” wat voorafgegaan word deur ʼn lang uitgespreekte “a”, “e” of “o”, kry ʼn “-ie” in die verkleiningsvorm, en die betrokke “a”, “e” of “o” word enkel geskryf omdat dit dan in ʼn oop lettergreep voorkom (AWS 17.1).
Sien ook die bladsy Verkleiningsvorme.
Hoor hoe ........ die blouape bo in die bome.
gaggel kekkel klets babbel
Ape babbel, henne kekkel en ganse gaggel (of blaas). As dit gaan oor mense wat gesels, kan jy ook sê hulle babbel of klets. (Bron: Die Afrikaanse Makro Gids - I Uys)
Verduideliking van die kleure en simbole: die korrekte antwoord (deur jou gekies) die korrekte antwoord (nie deur jou gekies nie) 'n verkeerde antwoord (deur jou gekies) 'n verkeerde antwoord (nie deur jou gekies nie)