28 OKT (klik op 'n pyltjie om na 'n ander datum te blaai)
Die deelnemers op vlak 1 het die toets van 28-10-2026 só ingevul:
Vernon se gedrag het sy ouers erg ........ .
ontstig ontstug geontstig ontgestig
Werkwoorde wat uit meer as een lettergreep bestaan waarvan die klem nie op die eerste lettergreep val nie, kry nie ’n "ge-" in die verlede tyd nie (AWS 17.1).
Sien ook die bladsy Verlede tyd.
Baie mense dink plantaardige vet is gesonder as ........ vet.
duurlike duurlik dierlike dierlik
As gevolg van oorronding in die uitspraak, skryf party mense verkeerdelik "duurlike" in plaas van die korrekte "dierlike".
Sien ook die bladsy Ont-/oorronding.
Jy moet jou kind ........ om harder te werk.
aan por aanpor an por anpor
ʼn Samestelling ("aanpor") is ʼn woord wat uit twee of meer woorddele ("aan" en "por") bestaan. Samestellings moet vas geskryf word.
Sien ook die bladsy Samestellings.
'n Sinoniem vir die woord "buiten" in die volgende sin is ........ . Buiten die familie was baie van ons vriende ook op die troue.
tesame benewens binne verder
Sinonieme is verskillende woorde wat min of meer dieselfde betekenis het.
Sien ook die bladsy Sinonieme.
Verduideliking van die kleure en simbole: die korrekte antwoord (deur jou gekies) die korrekte antwoord (nie deur jou gekies nie) 'n verkeerde antwoord (deur jou gekies) 'n verkeerde antwoord (nie deur jou gekies nie)