Mobiele weergawe | Na groot weergawe



Antwoorde van 27-10-2026 (vlak 1)



vorige toets 27 OKT volgende toets
(klik op 'n pyltjie om na 'n ander datum te blaai)


Die deelnemers op vlak 1 het die toets van 27-10-2026 só ingevul:



Die motormaatskappy bemark nou ʼn nuwe, kleiner model.
Die woordsoort van die woord "bemark" is 'n ........ .
1 % (afgerond)selfstandige naamwoord
98 % (afgerond)werkwoord 
bywoord
voegwoord

'n Werkwoord benoem die aksie of proses in 'n sin. Een manier om vas te stel of 'n woord 'n werkwoord is, is om te kyk of daar 'n verledetydsvorm van die woord bestaan, wat gewoonlik met "ge-" aangedui word. Sommige woorde, soos "bemark" kry egter nie 'n "ge-" vooraan nie.
Sien ook die bladsy Woordsoorte.



Die huis is in ........ geverf.
94 % (afgerond)pastelkleure 
1 % (afgerond)pastel-kleure
4 % (afgerond)pastel kleure

ʼn Samestelling (“pastelkleure”) is ʼn woord wat uit twee of meer woorddele (“pastel” en “kleure”) bestaan. Samestellings moet vas geskryf word.
Sien ook die bladsy Samestellings.



Penelope is, volgens die mitologie, getroud met ........ .
1 % (afgerond)odusseus
93 % (afgerond)Odusseus 
6 % (afgerond)odusseus of Odusseus

Die eiename van mitologiese figure begin met 'n hoofletter.
Sien ook die bladsy Slegs hoofletter.



Idioom: "Voor op die ........ wees."
4 % (afgerond)perd
92 % (afgerond)wa 
2 % (afgerond)fiets
3 % (afgerond)donkie

Hierdie idioom beteken 'om opdringerig of vrypostig te wees'.
Nog idiome en spreekwoorde kan aanlyn gekry word by: http://www.gesegdes.co.za/idiome/W1.html
Sien ook die bladsy Idiome, spreuke en spreekwoorde.



TOTAALRESULTAAT:
94% korrek

Verduideliking van die kleure en simbole:
KORREK GEKIESdie korrekte antwoord (deur jou gekies)
DIE KORREKTE ANTWOORDdie korrekte antwoord (nie deur jou gekies nie)
VERKEERD GEKIES'n verkeerde antwoord (deur jou gekies)
Verkeerd.'n verkeerde antwoord (nie deur jou gekies nie)





Hulp / Kontak  |  Profiel  |  






© 2013 Beter Afrikaans is 'n gesamentlike onderneming tussen die ATKV, VivA en Martin van Toll Producties