Mobiele weergawe | Na groot weergawe



Antwoorde van 23-10-2026 (vlak 3)



vorige toets 23 OKT volgende toets
(klik op 'n pyltjie om na 'n ander datum te blaai)


Die deelnemers op vlak 3 het die toets van 23-10-2026 só ingevul:



17:00 is ........ !

28 % (afgerond)huis-toe-gaantyd 
4 % (afgerond)huis toe gaan-tyd
17 % (afgerond)huis toe gaan tyd
51 % (afgerond)huistoegaantyd

Ingevolge reël 12.21 in die AWS skryf ons "huis-toe-gaan-tyd" of "huis-toe-gaantyd".
Dit is 'n sogenaamde frasesamestelling, waar die frase "huis toe gaan" met "tyd" verbind. Ander soortgelyke gevalle is: "deur-tot-deurverkope, wag-'n-bietjiebos, help-my-fris-lykhempie", ensovoorts.

Sien ook die bladsy Koppeltekens.



Die afkorting vir "Februarie" is ........ .
Fbr.
24 % (afgerond)Feb.
70 % (afgerond)Feb. of Febr. 
6 % (afgerond)Febr.

Beide "Februarie" en "September" ("Sep." of "Sept.") het twee afkortingsmoontlikhede. Al die ander maande in die jaar se afkortings bestaan slegs uit drie letters van die maand se naam (meestal eerste drie, maar "Maart" word afgekort met "Mrt.") met 'n punt aan die einde. "Mei" is ook 'n uitsondering: dit het geen afkorting nie.
Sien ook die bladsy Afkortings.



Idioom: Op die ........ bring.
29 % (afgerond)vloer
6 % (afgerond)grond
65 % (afgerond)tapyt 

Die idioom "op die tapyt bring", beteken om 'iets ter sprake te bring'.
In Engels is dit "Bring something on the carpet".

Sien ook die bladsy Idiome, spreuke en spreekwoorde.



Ek werk in kantoor 203 van die ........ .
51 % (afgerond)Administrasiegebou 
49 % (afgerond)administrasiegebou

Ingevolge reël 9.9 in die AWS word soortname wat as eiename optree met aanvangshoofletters (behalwe lidwoorde en voorsetsels) geskryf. Sommige koerante verkies egter om dit met kleinletters te skryf ten einde leesbaarheid te verhoog.
Sien ook die bladsy Soortname as eiename.



TOTAALRESULTAAT:
53% korrek

Verduideliking van die kleure en simbole:
KORREK GEKIESdie korrekte antwoord (deur jou gekies)
DIE KORREKTE ANTWOORDdie korrekte antwoord (nie deur jou gekies nie)
VERKEERD GEKIES'n verkeerde antwoord (deur jou gekies)
Verkeerd.'n verkeerde antwoord (nie deur jou gekies nie)





Hulp / Kontak  |  Profiel  |  






© 2013 Beter Afrikaans is 'n gesamentlike onderneming tussen die ATKV, VivA en Martin van Toll Producties