Mobiele weergawe | Na groot weergawe



Antwoorde van 23-10-2026 (vlak 1)



vorige toets 23 OKT volgende toets
(klik op 'n pyltjie om na 'n ander datum te blaai)


Die deelnemers op vlak 1 het die toets van 23-10-2026 só ingevul:



Charlemagne staan in Afrikaans bekend as Karel die ........ .
12 % (afgerond)Groote
12 % (afgerond)Grootte
77 % (afgerond)Grote 

"Grote" verwys na iets of iemand wat groot is ('a big/large one'), terwyl "grootte" na die omvang verwys ('size').
Sien ook die bladsy Twyfelwoorde (mits vs tensy).



Die minister van finansies sê die ekonomie het vanjaar ........ .
geïnkrimp
97 % (afgerond)ingekrimp 
geinkrimp
3 % (afgerond)in gekrimp

Skeibare werkwoorde wat die hoofklem op die eerste lettergreep het, vorm die voltooide deelwoord met “-ge-” (AWS 17.2).
Sien ook die bladsy Verlede tyd.



Jy kan my ........ eniger tyd skakel.

62 % (afgerond)te 
29 % (afgerond)ter
6 % (afgerond)ten
2 % (afgerond)teen

Die uitdrukking "te eniger tyd" is ʼn deftige uitdrukking wat beteken 'enige tyd'. Soortgelyke uitdrukkings met "te" sluit onder andere in: te berde bring, te bowe gaan, te kenne gee, te midde van.

Sien ook die bladsy Kollokasies.



Vroeër jare het smouse gereeld hulle ware op plase kom verkoop.
Wat is die woordsoort van "smouse" in bostaande sin?
voegwoord
1 % (afgerond)werkwoord
4 % (afgerond)voornaamwoord
95 % (afgerond)selfstandige naamwoord 

’n Selfstandige naamwoord verwys na ’n persoon, plek of saak. ’n Mens kan dit gewoonlik uitken deurdat ’n mens ’n lidwoord (“’n” of “die”) voor die woord kan sit en dat dit 'n meervoudsvorm het. Byvoorbeeld, “smous - die smous - smouse”.
Sien ook die bladsy Woordsoorte.



TOTAALRESULTAAT:
83% korrek

Verduideliking van die kleure en simbole:
KORREK GEKIESdie korrekte antwoord (deur jou gekies)
DIE KORREKTE ANTWOORDdie korrekte antwoord (nie deur jou gekies nie)
VERKEERD GEKIES'n verkeerde antwoord (deur jou gekies)
Verkeerd.'n verkeerde antwoord (nie deur jou gekies nie)





Hulp / Kontak  |  Profiel  |  






© 2013 Beter Afrikaans is 'n gesamentlike onderneming tussen die ATKV, VivA en Martin van Toll Producties