Mobiele weergawe | Na groot weergawe



Antwoorde van 10-09-2026 (vlak 3)



vorige toets 10 SEP volgende toets
(klik op 'n pyltjie om na 'n ander datum te blaai)


Die deelnemers op vlak 3 het die toets van 10-09-2026 só ingevul:



'n ........ staan aan die hoof van 'n nonneklooster.
1 % (afgerond)Abin
13 % (afgerond)Abbot
30 % (afgerond)Abbes
55 % (afgerond)Abdis 

Die vroulike ekwivalent van "ab" ('die owerste van 'n monnikeklooster of -orde'; Engels 'abbot') is "abdis" (Engels 'abbess').
Sien ook die bladsy Manlik/vroulik.



Die bestaan wat hulle op die plot voer, is maar baie ........ .
virsukkild
versukkild
2 % (afgerond)virsukkeld
97 % (afgerond)versukkeld 

Die klank [Ə] word deur "e" weergegee in onbeklemtoonde lettergrepe, hier in die voorvoegsel "ver-".
Sien ook die bladsy Klankverwarring.



Die verdagte ry 'n blou ........ .
11 % (afgerond)vier-deur-Ford
13 % (afgerond)vierdeur Ford
vier deur Ford
76 % (afgerond)vierdeur-Ford 

In 'n eienaamverbinding as soortnaam wat bestaan uit 'n nie-eienaamgedeelte ("vierdeur") gevolg deur 'n eienaamgedeelte ("Ford"), word die nie-eienaamgedeelte met 'n koppelteken vas aan die eienaamgedeelte geskryf.
Sien ook die bladsy Eienaamsamestellings.



Die gebruik van ........ as gevegstrategie is ook tydens die Anglo-Boereoorlog ingespan.
11 % (afgerond)gorillavegters
81 % (afgerond)guerrillavegters 
8 % (afgerond)guerilavegters
gorilavegters

Vreemde woorde behou in bepaalde gevalle hulle vreemde spelvorm, ook in samestellings. In Spaans beteken "guerrilla" 'klein oorloggie'.
Sien ook die bladsy Vreemde woorde.



TOTAALRESULTAAT:
77% korrek

Verduideliking van die kleure en simbole:
KORREK GEKIESdie korrekte antwoord (deur jou gekies)
DIE KORREKTE ANTWOORDdie korrekte antwoord (nie deur jou gekies nie)
VERKEERD GEKIES'n verkeerde antwoord (deur jou gekies)
Verkeerd.'n verkeerde antwoord (nie deur jou gekies nie)





Hulp / Kontak  |  Profiel  |  






© 2013 Beter Afrikaans is 'n gesamentlike onderneming tussen die ATKV, VivA en Martin van Toll Producties