Mobiele weergawe | Na groot weergawe



Antwoorde van 09-09-2026 (vlak 2)



vorige toets 09 SEP volgende toets
(klik op 'n pyltjie om na 'n ander datum te blaai)


Die deelnemers op vlak 2 het die toets van 09-09-2026 só ingevul:



Ek dink jy het my ........ ; ons het twee pizzas bestel, nie 20 nie.
1 % (afgerond)mis-verstaan
90 % (afgerond)misverstaan 
9 % (afgerond)mis verstaan

ʼn Samestelling (“misverstaan”) is ʼn woord wat uit twee of meer woorddele (“mis” en “verstaan”) bestaan. Samestellings moet vas geskryf word.
Sien ook die bladsy Samestellings.



Sal jy asseblief vir my hierdie dokumente ........ ?
23 % (afgerond)kopiëer
40 % (afgerond)kopieër
36 % (afgerond)kopieer 

Woorde wat op “-ieel”, “ieer” en “ieet” eindig, kry nie ’n deelteken nie (AWS 5.2).
Sien ook die bladsy Deelteken.



Idioom: 'n ........ vlieg niemand in die mond nie.
77 % (afgerond)Gebraaide hoender 
16 % (afgerond)Skaapboud
5 % (afgerond)Melktert
2 % (afgerond)Sjokoladekoek

Die idioom "'n gebraaide hoender vlieg niemand in die mond nie" beteken ''n mens moet jou inspan om iets te kry'.
Sien ook die bladsy Idiome, spreuke en spreekwoorde.



Die woord "askeet" word gebruik om te verwys na ........ .

3 % (afgerond)ʼn lid van ʼn geheime Roomse organisasie
4 % (afgerond)ʼn lid van ʼn uitgestorwe beskawing
1 % (afgerond)iemand wat vol skete is
92 % (afgerond)iemand wat hom/haar weerhou van enige liggaamlike genietinge 

Askese is die beoefening van onthouding van enige sinlike genot en kom byna in alle godsdienste voor. Iemand wat rein en vroom lewe, voer dus ʼn asketiese bestaan. (Bron: WAT)

Sien ook die bladsy Persoonsname.



TOTAALRESULTAAT:
74% korrek

Verduideliking van die kleure en simbole:
KORREK GEKIESdie korrekte antwoord (deur jou gekies)
DIE KORREKTE ANTWOORDdie korrekte antwoord (nie deur jou gekies nie)
VERKEERD GEKIES'n verkeerde antwoord (deur jou gekies)
Verkeerd.'n verkeerde antwoord (nie deur jou gekies nie)





Hulp / Kontak  |  Profiel  |  






© 2013 Beter Afrikaans is 'n gesamentlike onderneming tussen die ATKV, VivA en Martin van Toll Producties