09 SEP (klik op 'n pyltjie om na 'n ander datum te blaai)
Die deelnemers op vlak 1 het die toets van 09-09-2026 só ingevul:
Voëls bou hulle ........ in bome.
nesten nesse nessens neste
Sommige meervoude soos “neste”, “poste”, “nagte” eindig ook op “-e” maar die ekstra “t” is deel van die oorspronklike stam.
Sien ook die bladsy Meervoudsvorme.
Die Weerburo voorspel dat ’n ........ wind môre gaan waai.
storm sterk stormsterk storemsterk storem sterk
By sommige medeklinkerkombinasies word daar 'n vokaal uitgespreek, hoewel 'n klinker nie in die spelling voorkom nie, byvoorbeeld "storm", "wurm" en "kerm".
Sien ook die bladsy Invoeging van konsonante of vokale.
Die twee mans het ........ geraak, nadat die een met die ander se meisie begin praat het.
hant-gemeen hand gemeen hantgemeen handgemeen
ʼn Samestelling ("handgemeen") is ʼn woord wat uit twee of meer woorddele ("hand" en "gemeen") bestaan. Samestellings moet vas geskryf word.
Sien ook die bladsy Samestellings.
Die woord "regter" in die volgende sinne is ’n ........ . Die bokser het sy opponent met ʼn vinnige regter platgeslaan. Die regter sal Maandag die vonnis uitspreek.
sinoniem homofoon antoniem homoniem
ʼn Homoniem is twee woorde wat dieselfde klink en dieselfde gespel word, maar heeltemal ʼn ander betekenis en oorsprong het, byvoorbeeld "regter" (‘regtervuishou’) en "laag" (‘amptenaar in die Hooggeregshof’).
Sien ook die bladsy Homonieme.
Verduideliking van die kleure en simbole: die korrekte antwoord (deur jou gekies) die korrekte antwoord (nie deur jou gekies nie) 'n verkeerde antwoord (deur jou gekies) 'n verkeerde antwoord (nie deur jou gekies nie)