Mobiele weergawe | Na groot weergawe



Antwoorde van 04-09-2026 (vlak 3)



vorige toets 04 SEP volgende toets
(klik op 'n pyltjie om na 'n ander datum te blaai)


Die deelnemers op vlak 3 het die toets van 04-09-2026 só ingevul:



Daardie winkel verkoop ........ .
7 % (afgerond)damesandale en mansskoene
14 % (afgerond)damessandale en mansskoene
72 % (afgerond)damesandale en manskoene 
6 % (afgerond)damessandale en manskoene

As die eerste komponent van 'n samestelling in die enkelvoud nie op 'n "-s" eindig nie en die tweede komponent met 'n "s" begin, word 'n verbindings"-s" nie geskryf nie.
Sien ook die bladsy Verbindingsklanke.



'n Doktor in veeartsenykunde het dikwels 'n DVSc-graad. Waarvoor staan die afkorting?

65 % (afgerond)Doctor Veterinariae Scientiae 
3 % (afgerond)Docter Veterinarae Scientae
21 % (afgerond)Doctor Veterinarae Scientae
11 % (afgerond)Docter Veterinariae Scientiae

'n Omvattende lys van afkortings en akronieme is beskikbaar by www.woordelys.co.za.

Sien ook die bladsy Akronieme.



Idioom: ........ raas gewoonlik as dit uit die vat kom.
66 % (afgerond)Brandewyn 
9 % (afgerond)Bier
4 % (afgerond)Water
20 % (afgerond)Wyn

Die idioom "brandewyn raas gewoonlik as dit uit die vat kom", beteken 'besope mense is gewoonlik luidrugtig'.
(Bron: Spreekwoorde - Anton Prinsloo)
Sien ook die bladsy Idiome, spreuke en spreekwoorde.



Die ........ en swaarddansers het groot aandag by die talentkompetisie gekry.
50 % (afgerond)vuureters  
3 % (afgerond)vuurspuwendes
47 % (afgerond)vuurspuwers

ʼn Persoonsnaam is ʼn afgeleide selfstandige naamwoord wat ʼn persoon aandui, byvoorbeeld “vuureter”, “kommunis”, “protestant”, “tikster”. Dit begin gewoonlik met ʼn kleinletter. Goëlaars wat vlamme insluk, woord "vuureters" genoem.
(Bron: HAT)
Sien ook die bladsy Persoonsname.



TOTAALRESULTAAT:
63% korrek

Verduideliking van die kleure en simbole:
KORREK GEKIESdie korrekte antwoord (deur jou gekies)
DIE KORREKTE ANTWOORDdie korrekte antwoord (nie deur jou gekies nie)
VERKEERD GEKIES'n verkeerde antwoord (deur jou gekies)
Verkeerd.'n verkeerde antwoord (nie deur jou gekies nie)





Hulp / Kontak  |  Profiel  |  






© 2013 Beter Afrikaans is 'n gesamentlike onderneming tussen die ATKV, VivA en Martin van Toll Producties