Mobiele weergawe | Na groot weergawe



Antwoorde van 03-09-2026 (vlak 2)



vorige toets 03 SEP volgende toets
(klik op 'n pyltjie om na 'n ander datum te blaai)


Die deelnemers op vlak 2 het die toets van 03-09-2026 só ingevul:



Die monument is gebou om die lyding van vroue en kinders in die oorlog te ........ .
1 % (afgerond)bedink
96 % (afgerond)gedenk 
2 % (afgerond)bedenk
gedink

Die "gedenk" beteken 'vier'; die woord "gedink" is die verlede tyd van "dink".
Sien ook die bladsy Twyfelwoorde (mits vs tensy).



Die byvoeglike naamwoord "diffuus" se oortreffende trap is "mees diffuse" of ........ ?

5 % (afgerond)meer diffuusste
69 % (afgerond)diffuusste 
13 % (afgerond)diffusste
13 % (afgerond)mees diffuusste

Wanneer 'n byvoeglike naamwoord op 'n "s" eindig, word dié "s" nie geskrap wanneer die oortreffende trap gevorm word nie. Dit is dus "diffuus+ste". ("Diffuus" beteken 'verspreid'.)
Sien ook die bladsy Trappe van vergelyking.



Autshumato was ook bekend as ........ .
14 % (afgerond)Herrie die strandloper
herrie die strandloper
82 % (afgerond)Herrie die Strandloper 
4 % (afgerond)Herrie Die Strandloper

Aan sommige name word 'n bepaling toegevoeg wat deel van die naam van die betrokke persoon word; dit word 'n toenaam genoem. In so 'n geval begin die hoofdele van die toenaam (byvoorbeeld telwoorde of byvoeglike naamwoorde, maar nie lidwoorde nie) met 'n hoofletter.
Sien ook die bladsy Slegs hoofletter.



Ter wille van volhoubaarheid moet ons herwin.
Wat is die woordsoort van die woord "herwin" in bostaande sin?
8 % (afgerond)oorgangshoofwerkwoord
31 % (afgerond)oorganklike hoofwerkwoord
8 % (afgerond)gangbare hoofwerkwoord
52 % (afgerond)onoorganklike hoofwerkwoord 

In 'n sin met 'n voorwerp is die werkwoord oorganklik, byvoorbeeld: Ons moet papier herwin. 'n Mens kan dit vasstel as daar 'n antwoord op die vraag "Wat?" na die werkwoord is. Indien die sin nie 'n voorwerp het nie, is die werkwoord onoorganklik, byvoorbeeld: Ons moet herwin.
Sien ook die bladsy Woordsoorte.



TOTAALRESULTAAT:
75% korrek

Verduideliking van die kleure en simbole:
KORREK GEKIESdie korrekte antwoord (deur jou gekies)
DIE KORREKTE ANTWOORDdie korrekte antwoord (nie deur jou gekies nie)
VERKEERD GEKIES'n verkeerde antwoord (deur jou gekies)
Verkeerd.'n verkeerde antwoord (nie deur jou gekies nie)





Hulp / Kontak  |  Profiel  |  






© 2013 Beter Afrikaans is 'n gesamentlike onderneming tussen die ATKV, VivA en Martin van Toll Producties