03 SEP (klik op 'n pyltjie om na 'n ander datum te blaai)
Die deelnemers op vlak 1 het die toets van 03-09-2026 só ingevul:
Die [r]-klank in Afrikaans is ’n voorbeeld van ’n ........ .
trulklank tril-klank tril klank trilklank
ʼn Samestelling ("trilklank") is ʼn woord wat uit twee of meer woorddele ("tril" en "klank") bestaan. Samestellings moet vas geskryf word.
Sien ook die bladsy Samestellings.
Baie mense verwar ........ met honde.
hihenas hi-enas hiënas hiehenas
Wanneer twee vokale langs mekaar tot twee verskillende lettergrepe behoort, kry die tweede vokaal ʼn deelteken. Dit geld egter nie wanneer ’n “a” of ’n “o” voorafgegaan word deur ’n “a”, “o”, “e”, “u” of “i” nie, byvoorbeeld “chaos”, “geolie” en “aktuaris”. Dit geld ook nie vir samestellings nie, byvoorbeeld “studie-eenheid” en “toe-eien”.
Sien ook die bladsy Deelteken.
Die ........ sakevrou dra baie duur juwele.
skat ryk skatreik skat reik skatryk
Intensiewe vorme is byvoeglike naamwoorde wat ʼn versterkende betekenis aan die stam gee en word vas geskryf ("skatryk") behalwe "wawyd oop". Kyk ook: https://af.wikipedia.org/wiki/Intensiewe.
Sien ook die bladsy Intensiewe vorme.
Die ........ is bekend vir hulle rotskuns in verskeie dele van die land.
Saan saan san San
Die benaming van bevolkingsgroepe en die lede van sulke groepe begin met ʼn hoofletter.
Sien ook die bladsy Slegs hoofletter.
Verduideliking van die kleure en simbole: die korrekte antwoord (deur jou gekies) die korrekte antwoord (nie deur jou gekies nie) 'n verkeerde antwoord (deur jou gekies) 'n verkeerde antwoord (nie deur jou gekies nie)