02 SEP (klik op 'n pyltjie om na 'n ander datum te blaai)
Die deelnemers op vlak 3 het die toets van 02-09-2026 só ingevul:
Die meervoud van "wig" is ........ . ('n Wig is 'n spitslopende stuk gereedskap met 'n driehoekige vorm.)
wîe wigte wigge gewigte
Die kappie word gebruik op klinkers in lang, oop lettergrepe om die klank te rek.
Sien ook die bladsy Kappie.
........ is 'n subvariëteit van Oranjerivierafrikaans.
Griekwa-Afrikaans Griekwa-afrikaans of Griekwaäfrikaans Griekwa-afrikaans of Griekwa-Afrikaans Griekwaafrikaans
'n Saamgestelde taalbenaming bestaande uit die naam van 'n gebruikersgroep plus 'n basiese taalnaam (bv. "Oranjerivierafrikaans") word sonder 'n koppelteken vas geskryf. Die koppelteken in "Griekwa-afrikaans" of "Griekwa-Afrikaans" word genoodsaak deur die opeenvolging van vokaalletters wat tot verskillende lettergrepe behoort.
Sien ook die bladsy Koppeltekens.
Die Franse student vind ........ baie moeilik.
beginnersxhosa beginners-Xhosa Beginnersxhosa Beginners-Xhosa
In saamgestelde taalname wat sonder 'n koppelteken vas geskryf word, begin die basiese taalnaam ("Xhosa") nie ook met 'n hoofletter nie (AWS 9.11 en 14.13).
Sien ook die bladsy Slegs hoofletter.
Idioom: Dit laat sy ........ kook.
gal bloed koffie water
Verduideliking van die kleure en simbole: die korrekte antwoord (deur jou gekies) die korrekte antwoord (nie deur jou gekies nie) 'n verkeerde antwoord (deur jou gekies) 'n verkeerde antwoord (nie deur jou gekies nie)