Mobiele weergawe | Na groot weergawe



Antwoorde van 02-09-2026 (vlak 1)



vorige toets 02 SEP volgende toets
(klik op 'n pyltjie om na 'n ander datum te blaai)


Die deelnemers op vlak 1 het die toets van 02-09-2026 só ingevul:



Die siekte het haar lewe ........ .

100 % (afgerond)verkort 
geverkort
vergekort

Woorde wat met “be-”, “ge-”, “her-”, “er-”, “ont-” en “ver-” begin, kry nie ʼn “ge-” in die verlede tyd of verboë vorm nie.
Sien ook die bladsy Verlede tyd.



Ons wag op ........ van die mediese fonds voordat ons die medikasie kan aflewer.
1 % (afgerond)goedkering
97 % (afgerond)goedkeuring 
2 % (afgerond)goetkeuring
goetkering

Klankverwarring lei dikwels tot spelfoute, aangesien twee letters dieselfde in Afrikaans uitgespreek word. Letters wat dikwels verwar word, is "d" en "t".
Sien ook die bladsy Klankverwarring.



Die omroeper dra ʼn ........ met oorfone.

98 % (afgerond)kopstuk 
kop-stuk
2 % (afgerond)kopsstuk
kop stuk

ʼn Samestelling (“kopstuk”) is ʼn woord wat uit twee of meer woorddele (“kop” en “stuk”) bestaan. Samestellings moet vas geskryf word.
Sien ook die bladsy Samestellings.



Woorde wat uit ander tale opgeneem is in Afrikaans, maar wat net soos Afrikaanse woorde lyk en gebruik word, noem ons ........ .
32 % (afgerond)Afrikataalleenwoorde
8 % (afgerond)taalkonvensies
11 % (afgerond)vreemde woorde
49 % (afgerond)verafrikaanste woorde 

Voorbeelde van verafrikaanste woorde sluit in: "atjar", "blatjang", "boemerang", "foendi", "ghoeroe", ens.
Sien ook die bladsy Verafrikaanste woorde.



TOTAALRESULTAAT:
86% korrek

Verduideliking van die kleure en simbole:
KORREK GEKIESdie korrekte antwoord (deur jou gekies)
DIE KORREKTE ANTWOORDdie korrekte antwoord (nie deur jou gekies nie)
VERKEERD GEKIES'n verkeerde antwoord (deur jou gekies)
Verkeerd.'n verkeerde antwoord (nie deur jou gekies nie)





Hulp / Kontak  |  Profiel  |  






© 2013 Beter Afrikaans is 'n gesamentlike onderneming tussen die ATKV, VivA en Martin van Toll Producties