Mobiele weergawe | Na groot weergawe



Antwoorde van 28-08-2026 (vlak 3)



vorige toets 28 AUG volgende toets
(klik op 'n pyltjie om na 'n ander datum te blaai)


Die deelnemers op vlak 3 het die toets van 28-08-2026 só ingevul:



Die plaaslike hoërskool hou volgende week 'n ........ .
70 % (afgerond)opedag of ope dag 
14 % (afgerond)oop dag of ope dag
1 % (afgerond)slegs oopdag
15 % (afgerond)slegs ope dag

Byvoeglike naamwoorde (soos “oop” of “warm”) word gewoonlik los van selfstandige naamwoorde (soos “skool” of “kos”) geskryf. Wanneer betekenisverdigting egter plaasgevind het (dit wil sê as die begrip ʼn spesifieke betekenis kry), vorm die twee begrippe ʼn eenheid en word hulle vas geskryf. Volgens die 2017-AWS kan 'n mens egter "opedag" of "ope dag" skryf.
Sien ook die bladsy Betekenisverdigting.



Die term "fatty liver" (steato-hepatose) verwys na die opgaar van glikogeen en vet in die lewer.
Die Afrikaans vir "fatty liver" is ........ .
1 % (afgerond)vette lewer
62 % (afgerond)vervette lewer 
2 % (afgerond)vet lewer
34 % (afgerond)vetlewer

Die korrekte term vir "fatty liver" in Afrikaans is "vervette lewer". Die woord "vervet" beteken 'in vet verander'.
(Bron: HAT)
Sien ook die bladsy Vertaling en terminologie.



Willem het ........ vir die eerste keer op 'n fiets gery.
64 % (afgerond)nou die dag 
27 % (afgerond)nou-die-dag
7 % (afgerond)noudiedag
2 % (afgerond)noudie dag

Die uitdrukking "nou die dag" beteken 'onlangs' of 'kort gelede' en word as drie afsonderlike woorde geskryf.
Sien ook die bladsy Kollokasies.



Gamkaskloof is ook bekend as ........ .
2 % (afgerond)die hel
72 % (afgerond)Die Hel 
24 % (afgerond)die Hel
2 % (afgerond)Die hel

Geografiese name, byvoorbeeld die name van valleie, begin met 'n hoofletter.
Sien ook die bladsy Plekname.



TOTAALRESULTAAT:
67% korrek

Verduideliking van die kleure en simbole:
KORREK GEKIESdie korrekte antwoord (deur jou gekies)
DIE KORREKTE ANTWOORDdie korrekte antwoord (nie deur jou gekies nie)
VERKEERD GEKIES'n verkeerde antwoord (deur jou gekies)
Verkeerd.'n verkeerde antwoord (nie deur jou gekies nie)





Hulp / Kontak  |  Profiel  |  






© 2013 Beter Afrikaans is 'n gesamentlike onderneming tussen die ATKV, VivA en Martin van Toll Producties