Mobiele weergawe | Na groot weergawe



Antwoorde van 22-07-2026 (vlak 1)



vorige toets 22 JUL volgende toets
(klik op 'n pyltjie om na 'n ander datum te blaai)


Die deelnemers op vlak 1 het die toets van 22-07-2026 só ingevul:



My ouers het my as kind goed ........ oor die gevare van drank en dwelms.
geïnlig
1 % (afgerond)in gelig
99 % (afgerond)ingelig 

Skeibare werkwoorde wat die hoofklem op die eerste lettergreep het, vorm die voltooide deelwoord met "-ge-" (AWS 17.2).
Sien ook die bladsy Deelwoorde.



Johnathan, wil jy nog iets ........ ?
byfoeg
beivoeg
beifoeg
100 %byvoeg 

Klankverwarring lei dikwels tot spelfoute, aangesien twee letters dieselfde in Afrikaans uitgespreek word. Letters wat dikwels verwar word, is “ei” en “y”, en “f” en “v”.
Sien ook die bladsy Klankverwarring.



Johnston word as ’n ........ by die hospitaal behandel.
6 % (afgerond)buite-pasiënt
81 % (afgerond)buitepasiënt 
7 % (afgerond)buitenpasiënt
6 % (afgerond)buite pasiënt

Byvoeglike naamwoorde (soos "buite") word gewoonlik los van selfstandige naamwoorde (soos "pasiënt") geskryf. Wanneer betekenisverdigting egter plaasgevind het (dit wil sê as die begrip ʼn spesifieke betekenis kry), vorm die twee begrippe ʼn eenheid en word hulle vas geskryf.
Sien ook die bladsy Betekenisverdigting.



Die woord "loon" in die volgende twee sinne is ’n ........ .
Ambagslui en arbeiders ontvang ʼn loon.
Dit is jou verdiende loon dat jy nou so moet sukkel.
1 % (afgerond)antoniem
6 % (afgerond)homofoon
87 % (afgerond)homoniem 
6 % (afgerond)sinoniem

ʼn Homoniem is twee woorde wat dieselfde klink en dieselfde gespel word, maar heeltemal ʼn ander betekenis en oorsprong het, byvoorbeeld "loon" (‘betaling’) en "loon" (‘straf’).
Sien ook die bladsy Homonieme.



TOTAALRESULTAAT:
92% korrek

Verduideliking van die kleure en simbole:
KORREK GEKIESdie korrekte antwoord (deur jou gekies)
DIE KORREKTE ANTWOORDdie korrekte antwoord (nie deur jou gekies nie)
VERKEERD GEKIES'n verkeerde antwoord (deur jou gekies)
Verkeerd.'n verkeerde antwoord (nie deur jou gekies nie)





Hulp / Kontak  |  Profiel  |  






© 2013 Beter Afrikaans is 'n gesamentlike onderneming tussen die ATKV, VivA en Martin van Toll Producties