21 JUL (klik op 'n pyltjie om na 'n ander datum te blaai)
Die deelnemers op vlak 3 het die toets van 21-07-2026 só ingevul:
Die skape ........ nie graag vroegoggend nie.
wy wei wui
Om tradisionele redes word hierdie diftong soms deur "ei" en soms deur "y" weergegee. Al is beide "wei" en "wy" Afrikaanse woorde, is "wei" die korrekte een in hierdie konteks.
Sien ook die bladsy Diftonge.
Die Oesskattingskomitee sê sowat honderdduisend ........ is weens die verwoestende brande vernietig.
hektarens hektaar hektare hektaars
Die meervoud van die woord "hektaar" is "hektare" of "hektaars". Wanneer die woord egter ná 'n syfer gebruik word, word net die enkelvoud gebruik. (Bron: Skryf Afrikaans)
Sien ook die bladsy Meervoudsvorme.
Henk van Woerden vertel die verhaal van Dimitri Tsafendas in " ........ ".
slegs domein van glas Domein van Glas of Domein van glas slegs Domein van glas slegs Doemein Van Glas
Die hoofwoorde van 'n publikasietitel kan met 'n hoofletter of 'n kleinletter begin.
Sien ook die bladsy Hoof- of kleinletter.
Dit sal ........ baat om 'n fotografiekursus te doen.
menige joernaliste menigte joernaliste menig joernaliste menige joernalis
Die kwantifiseerder "menige" word altyd gevolg deur 'n selfstandige naamwoord in die enkelvoud ("joernalis").
Sien ook die bladsy Twyfelwoorde (mits vs tensy).
Verduideliking van die kleure en simbole: die korrekte antwoord (deur jou gekies) die korrekte antwoord (nie deur jou gekies nie) 'n verkeerde antwoord (deur jou gekies) 'n verkeerde antwoord (nie deur jou gekies nie)