Mobiele weergawe | Na groot weergawe



Antwoorde van 21-07-2026 (vlak 2)



vorige toets 21 JUL volgende toets
(klik op 'n pyltjie om na 'n ander datum te blaai)


Die deelnemers op vlak 2 het die toets van 21-07-2026 só ingevul:



Ysterhout is ........ as dennehout.
meer hard
meer harder
100 % (afgerond)harder 

Trappe van vergelyking volg gewoonlik ’n gevestigde patroon: Daar is die stellende trap, byvoorbeeld “hard”, die vergrotende trap, byvoorbeeld “harder” en die oortreffende trap, byvoorbeeld “die hardste”.
Sien ook die bladsy Trappe van vergelyking.



Die gaste by die dinee was almal in deftige ........ geklee.
99 % (afgerond)gewaad 
1 % (afgerond)gewaat
gewad
gewat

Klankverwarring lei dikwels tot spelfoute, aangesien twee letters dieselfde in Afrikaans uitgespreek word. Twee letters wat dikwels verwar word, is “d” en “t”.
Sien ook die bladsy Klankverwarring.



Die ........ neem al drie weke lank aan 'n staking weens 'n loongeskil deel.
4 % (afgerond)slegs busdrywers
49 % (afgerond)busdrywers of busbestuurders
47 % (afgerond)slegs busbestuurders 

Hoewel die woord "drywer" in die omgangstaal baiekeer in plaas van "bestuurder" gebruik word, word dit nie aanbeveel nie, byvoorbeeld "vragmotorbestuurder", "busbestuurder". Die persoon wat in beheer van 'n trein is, is 'n "masjinis". 'n Sinoniem vir motorbestuurder is "motoris".

Sien ook die bladsy Persoonsname.



Die leerders moet hul hande opsteek as hulle die antwoord ken.
Pieter mag nie sy pyp in die restaurant opsteek nie.
Die woord "opsteek" in bostaande sinne is 'n ........ .
5 % (afgerond)wisselvorm
92 % (afgerond)homoniem 
2 % (afgerond)sinoniem
1 % (afgerond)antoniem

ʼn Homoniem is twee woorde wat dieselfde klink en dieselfde gespel word, maar heeltemal ʼn ander betekenis en oorsprong het, byvoorbeeld “opsteek” (‘iets in die lug steek’) en “opsteek” (‘'n pyp aan die brand steek met 'n aansteker’).
Sien ook die bladsy Homonieme.



TOTAALRESULTAAT:
84% korrek

Verduideliking van die kleure en simbole:
KORREK GEKIESdie korrekte antwoord (deur jou gekies)
DIE KORREKTE ANTWOORDdie korrekte antwoord (nie deur jou gekies nie)
VERKEERD GEKIES'n verkeerde antwoord (deur jou gekies)
Verkeerd.'n verkeerde antwoord (nie deur jou gekies nie)





Hulp / Kontak  |  Profiel  |  






© 2013 Beter Afrikaans is 'n gesamentlike onderneming tussen die ATKV, VivA en Martin van Toll Producties