Mobiele weergawe | Na groot weergawe



Antwoorde van 20-07-2026 (vlak 1)



vorige toets 20 JUL volgende toets
(klik op 'n pyltjie om na 'n ander datum te blaai)


Die deelnemers op vlak 1 het die toets van 20-07-2026 só ingevul:



’n Mens moet sorg dat jy genoeg ........ inkry.
94 % (afgerond)vesel 
2 % (afgerond)fesel
feesel
4 % (afgerond)veesel

Klankverwarring lei dikwels tot spelfoute wanneer twee letters dieselfde uitgespreek word in Afrikaans. Twee letters wat dikwels verwar word, is "f" en "v".
Sien ook die bladsy Klankverwarring.



Die Proteas het ’n paar goeie ........ in die span.
88 % (afgerond)kolwers 
7 % (afgerond)kolfers
kolwerens
4 % (afgerond)kolvers

Sommige woorde wat op "f" eindig kry "w" in die meervoud of afgeleide vorme, byvoorbeeld "kolf - kolwers", "draf - drawwers".
Sien ook die bladsy Meervoudsvorme.



Ons huishulp kom altyd op 'n ........ .
dinstdag
7 % (afgerond)dinsdag
92 % (afgerond)Dinsdag 
Dinstdag

Dae van die week, die name van kerklike, godsdienstige en algemene feesdae word met ʼn hoofletter geskryf.
Sien ook die bladsy Slegs hoofletter.



Sy lyk nes haar ma.
Wat is die woordsoort van "lyk" in bostaande sin.
11 % (afgerond)selfstandige naamwoord
10 % (afgerond)bywoord
73 % (afgerond)werkwoord 
6 % (afgerond)voegwoord

'n Werkwoord benoem die aksie of proses in 'n sin. Een manier om vas te stel of 'n woord 'n werkwoord is, is om te kyk of daar 'n verledetydsvorm van die woord bestaan, wat gewoonlik met "ge-" aangedui word.
Sien ook die bladsy Homonieme.



TOTAALRESULTAAT:
87% korrek

Verduideliking van die kleure en simbole:
KORREK GEKIESdie korrekte antwoord (deur jou gekies)
DIE KORREKTE ANTWOORDdie korrekte antwoord (nie deur jou gekies nie)
VERKEERD GEKIES'n verkeerde antwoord (deur jou gekies)
Verkeerd.'n verkeerde antwoord (nie deur jou gekies nie)





Hulp / Kontak  |  Profiel  |  






© 2013 Beter Afrikaans is 'n gesamentlike onderneming tussen die ATKV, VivA en Martin van Toll Producties