17 JUL (klik op 'n pyltjie om na 'n ander datum te blaai)
Die deelnemers op vlak 3 het die toets van 17-07-2026 só ingevul:
Ses van die ........ van die 1 100 kVA-panele voorsien krag in geval van 'n kragonderbreking.
reuseCatnoodkragstelle reuse Cat-noodkragstelle reuse Cat noodkragstelle reuse-Cat-noodkragstelle
Die woorddeel "reuse-" is nie 'n byvoeglike naamwoord nie, maar eerder 'n woorddeel van 'n selfstandige naamwoord. Om dit te bewys kan ons sien dat "reuse-" nie die toets van 'n byvoeglike naamwoord slaag nie in die sin dat dit nie ná 'n koppelwerkwoord kan staan nie. Byvoorbeeld, 'n mens kan nie sê die fout is "reuse" nie. Dit het ook nie trappe van vergelyking nie.
Sluit asseblief die voordeur voor jy gaan slaap. Watter woordsoort is "Sluit" in bostaande sin?
onoorganklike hoofwerkwoord oorgangshoofwerkwoord oorganklike hoofwerkwoord gangbare hoofwerkwoord
In 'n sin met 'n voorwerp is die werkwoord oorganklik, byvoorbeeld: Sluit asseblief die voordeur. 'n Mens kan dit vasstel as daar 'n antwoord op die vraag "Wat?" na die werkwoord is. Indien die sin nie 'n voorwerp het nie, is die werkwoord onoorganklik, byvoorbeeld: Sluit dig voor jy gaan slaap. 'n Mens kan dit maklik vasstel as daar 'n antwoord op die vraag "Hoe?" na die werkwoord is.
Sien ook die bladsy Woordsoorte.
Ons sal ʼn plan moet maak om die ........ wattelbome in die kloof uit te roei.
vloot kolonie oerwoud klomp
ʼn Versameling indringerplante word ʼn "kolonie" genoem. (Bron: WAT)
As jy Duitsland toe gaan, móét jy ........ besoek.
Meer Constance die Bodenmeer die Bodensee Constancemeer
Die tweede grootste meer in Wes-Europa is die Bodenmeer (https://af.wikipedia.org/wiki/Bodenmeer). In Duits is dit "Bodensee" en in Engels "Lake Constance".
Sien ook die bladsy Plekname.
Verduideliking van die kleure en simbole: die korrekte antwoord (deur jou gekies) die korrekte antwoord (nie deur jou gekies nie) 'n verkeerde antwoord (deur jou gekies) 'n verkeerde antwoord (nie deur jou gekies nie)