17 JUL (klik op 'n pyltjie om na 'n ander datum te blaai)
Die deelnemers op vlak 1 het die toets van 17-07-2026 só ingevul:
Die gras is ........ nat geryp.
slegs smorgens slegs smorens smôrens of smorens slegs smôrens
ʼn Wisselvorm is ʼn alternatiewe spelling van ʼn woord wat steeds korrek is. Byvoorbeeld, "smorens – smôrens"; "Mexiko – Meksiko"; "restaurant – restourant"; "meestal – meesal".
Sien ook die bladsy Wisselvorme.
Die inbrekers het by al die vensters ........ om seker te maak niemand is tuis nie.
ingekyk geïnkyk geinkyk in gekyk
Skeibare werkwoorde wat die hoofklem op die eerste lettergreep het, vorm die voltooide deelwoord met "-ge-" (AWS 17.2).
Sien ook die bladsy Deelwoorde.
Idioom: Dis ........ en koljander (die een is soos die ander).
koolkop vinkel wortel peper
Die idioom "vinkel en koljander" beteken 'die twee dinge of mense is presies eenders'. Dit word ook gesê van 'n identiese tweeling.
Dié medisyne moet nie gedrink word nie, dit is slegs vir ........ gebruik.
eksterne eksterni externe exsterni
Vreemde woorde wat verafrikaans word, word volgens die gewone Afrikaanse taalreëls gespel. Die woord "ekstern" is afgelei van die Latynse woord 'externus', wat 'buitentoe' beteken.
Sien ook die bladsy Verafrikaanste woorde.
Verduideliking van die kleure en simbole: die korrekte antwoord (deur jou gekies) die korrekte antwoord (nie deur jou gekies nie) 'n verkeerde antwoord (deur jou gekies) 'n verkeerde antwoord (nie deur jou gekies nie)