Mobiele weergawe | Na groot weergawe



Antwoorde van 16-07-2026 (vlak 3)



vorige toets 16 JUL volgende toets
(klik op 'n pyltjie om na 'n ander datum te blaai)


Die deelnemers op vlak 3 het die toets van 16-07-2026 só ingevul:



Kort ná die inbraak het twee inspekteurs, by name ........ Aalbrecht en Theron, by my woonstel 'n draai kom maak.
5 % (afgerond)slegs insp.'e
35 % (afgerond)inspp. of insps. 
43 % (afgerond)inspe. of insps.
16 % (afgerond)slegs insp.'s

Wanneer 'n afkorting van 'n meervoudsvorm gemaak word, verdubbel die eindkonsonant van die enkelvoud se afkorting ("inspp."), of word die normale uitgang van die woord aan die afkorting toegevoeg ("insps.") (AWS 3.16 en 3.17).
Sien ook die bladsy Meervoudsvorme.



Studente behoort graag aan die ........ .
9 % (afgerond)slegs studenteünie
44 % (afgerond)studenteunie of studente-unie
36 % (afgerond)slegs studente-unie 
11 % (afgerond)slegs studenteunie

As 'n opeenhoping van dieselfde of verskillende vokaalletters tussen dele van samestellings meebring dat die woord verkeerd gelees kan word, word 'n koppelteken tussen die dele geplaas.
Sien ook die bladsy Vokaalopeenhoping.



Daar is vandag heeldag 'n kragonderbreking in die buurt weens werk aan ........ .
2 % (afgerond)hoëspannings kragdrade
97 % (afgerond)hoëspanningskragdrade 
hoë spannings-kragdrade
2 % (afgerond)hoë spanningskragdrade

Samestellende samestellings word vas geskryf en bestaan tipies uit ʼn woordgroep (byvoeglike naamwoord "hoë"+ selfstandige naamwoord "spanning") en ʼn selfstandige naamwoord "kragdrade. Die "-s-" is 'n verbindingsklank. Ander voorbeelde sluit in "hoëhakskoen", "ekonomieseklaspassasier" en "tweedehandseboekwinkel".
Sien ook die bladsy Samestellende samestellings.



Ek het ........ so ʼn goeie fliek gesien.

1 % (afgerond)slegs lank-laas
71 % (afgerond)slegs lanklaas
1 % (afgerond)slegs langlaas
26 % (afgerond)lank laas of lanklaas 

Volgens die AWS is die woorde "lank laas" en "lanklaas" albei korrek en word as wisselvorme beskou. ʼn Wisselvorm is ʼn alternatiewe spelling van ʼn woord wat steeds korrek is, byvoorbeeld, “terugvoer – terugvoering”; “Mexiko – Meksiko”; “restaurant – restourant”; “teweegbring – teweeg bring”.
Sien ook die bladsy Wisselvorme.



TOTAALRESULTAAT:
48% korrek

Verduideliking van die kleure en simbole:
KORREK GEKIESdie korrekte antwoord (deur jou gekies)
DIE KORREKTE ANTWOORDdie korrekte antwoord (nie deur jou gekies nie)
VERKEERD GEKIES'n verkeerde antwoord (deur jou gekies)
Verkeerd.'n verkeerde antwoord (nie deur jou gekies nie)





Hulp / Kontak  |  Profiel  |  






© 2013 Beter Afrikaans is 'n gesamentlike onderneming tussen die ATKV, VivA en Martin van Toll Producties