16 JUL (klik op 'n pyltjie om na 'n ander datum te blaai)
Die deelnemers op vlak 2 het die toets van 16-07-2026 só ingevul:
Die ........ het die dief wat my selfoon gesteel het, tronkstraf opgelê.
landros landdros lantros
Die woord "landdros" lewer soms probleme met spelling op. Dit is inderwaarheid 'n samestelling van die woorde "land" en "dros". Die woord "drost" het voorheen 'geregsdienaar op die platteland' in Nederlands beteken. Bron: www.etymologiebank.nl
Sien ook die bladsy Verafrikaanste woorde.
"Hendrik, het jy die wasgoed ........ sodat die wit goed in een bondel is en die bont goed in ’n ander bondel?"
gesortteur sorteer of gesorteer gesorteer sorteer
By woorde wat uit twee lettergrepe bestaan en op "-eer" eindig ("sorteer"), is die "ge-" in die verledetydsvorm opsioneel.
Sien ook die bladsy Verlede tyd.
Profete en apostels is ........ .
godsgesante of Godsgesante Godsgesante godsgesante
Samestellings en afleidings met "god-" as eerste element wat nie meer as eiename optree nie, begin gewoonlik met 'n kleinletter.
Sien ook die bladsy Slegs kleinletter.
Die jong meisies is lief daarvoor om skoene met hoë hakke te dra. Onder watter subkategorie van die woordsoort val die woord "skoene" in bostaande sin?
eienaam versamelnaam massanaam soortnaam
Soortname is selfstandige naamwoorde wat konkrete dinge benoem en getel kan word, byvoorbeeld "skoen", "tafel", "motor" en "telefoon". Soortname begin gewoonlik met 'n kleinletter, teenoor eiename wat met 'n hoofletter begin.
Sien ook die bladsy Woordsoorte.
Verduideliking van die kleure en simbole: die korrekte antwoord (deur jou gekies) die korrekte antwoord (nie deur jou gekies nie) 'n verkeerde antwoord (deur jou gekies) 'n verkeerde antwoord (nie deur jou gekies nie)