Mobiele weergawe | Na groot weergawe



Antwoorde van 15-07-2026 (vlak 3)



vorige toets 15 JUL volgende toets
(klik op 'n pyltjie om na 'n ander datum te blaai)


Die deelnemers op vlak 3 het die toets van 15-07-2026 só ingevul:



Die Kaapstadse Filharmoniese Orkes het twee ........ en vier altvioliste.
8 % (afgerond)oboiste
78 % (afgerond)hoboïste 
1 % (afgerond)hobo-iste
13 % (afgerond)hoboiste

Wanneer twee vokale langs mekaar tot twee verskillende lettergrepe behoort, kry die tweede vokaal ʼn deelteken.
Sien ook die bladsy Deelteken.



Ons het rêrig 'n nuwe luidsprekerstelsel nodig. Ons sal die ........ daaroor moet nader.
1 % (afgerond)fasiliteit
70 % (afgerond)fasiliteitekommissie 
1 % (afgerond)fasiliteitsekommissie
28 % (afgerond)fasiliteitskommissie

By sommige samestellings is verbindingsklanke ("-s", "-e-", -"er-", "ens") verpligtend, byvoorbeeld "beklaenswaardig", "distriksgeneesheer", "etenstyd" en "fasiliteitekommissie".
Sien ook die bladsy Verbindingsklanke.



Robert Mugabe was 'n bekende ........ .

5 % (afgerond)zimbabweër
10 % (afgerond)Zimbabwêer
84 % (afgerond)Zimbabwiër 
1 % (afgerond)zimbabwêër

Persoonsname wat afgelei is van 'n geografiese naam word met 'n hoofletter gespel, byvoorbeeld "Londenaar", "Johannesburger", "Pool", "Oostenryker" en "Zimbabwiër".
Sien ook die bladsy Persoonsname.



Idioom: Die ........ wil slimmer wees as die hen.
3 % (afgerond)wurm
48 % (afgerond)eier 
43 % (afgerond)kuiken
6 % (afgerond)haan

Die uitdrukking "die eier wil slimmer wees as die hen" word gesê as 'n student sy/haar leermeester wil teregwys.
(Bron: Spreekwoorde - Anton Prinsloo.)
Sien ook die bladsy Idiome, spreuke en spreekwoorde.



TOTAALRESULTAAT:
70% korrek

Verduideliking van die kleure en simbole:
KORREK GEKIESdie korrekte antwoord (deur jou gekies)
DIE KORREKTE ANTWOORDdie korrekte antwoord (nie deur jou gekies nie)
VERKEERD GEKIES'n verkeerde antwoord (deur jou gekies)
Verkeerd.'n verkeerde antwoord (nie deur jou gekies nie)





Hulp / Kontak  |  Profiel  |  






© 2013 Beter Afrikaans is 'n gesamentlike onderneming tussen die ATKV, VivA en Martin van Toll Producties