Mobiele weergawe | Na groot weergawe



Antwoorde van 15-07-2026 (vlak 2)



vorige toets 15 JUL volgende toets
(klik op 'n pyltjie om na 'n ander datum te blaai)


Die deelnemers op vlak 2 het die toets van 15-07-2026 só ingevul:



Die ........ van die SAKP sê baie moet nog gedoen word om armoede te verlig.
2 % (afgerond)slegs hoof sekretaris
3 % (afgerond)slegs hoof-sekretaris
67 % (afgerond)slegs hoofsekretaris 
28 % (afgerond)hoofsekretaris of hoof sekretaris

ʼn Samestelling (“hoofsekretaris”) is ʼn woord wat uit twee of meer woorddele (“hoof” en “sekretaris”) bestaan. Samestellings moet vas geskryf word.
Sien ook die bladsy Samestellings.



Jy moet oppas vir daardie vrou met die rooi hare; sy raak maklik ........ .
91 % (afgerond)opvlieënd 
6 % (afgerond)opvliënd
opvleent
2 % (afgerond)opvlieënt

Wanneer twee vokale langs mekaar tot twee verskillende lettergrepe behoort, kry die tweede vokaal ʼn deelteken.
Sien ook die bladsy Deelteken.



Iemand wat baie suinig is, is ........ .
3 % (afgerond)suursuinig
2 % (afgerond)supersuinig
95 % (afgerond)vreksuinig 

Intensiewe vorme is byvoeglike naamwoorde wat ʼn versterkende betekenis aan die stam gee en word vas geskryf behalwe “wawyd oop”. Kyk ook: https://af.wikipedia.org/wiki/Intensiewe.
Sien ook die bladsy Intensiewe vorme.



Die sterre Procyon (α CMi, 0,38 mag) en Gomeisa (β CMi, 2,9 mag) vorm die ........ , wat in die noorderhemelruim te siene is.

6 % (afgerond)klein hondjie
4 % (afgerond)klein Hond
4 % (afgerond)klein hond
87 % (afgerond)Klein Hond 

Die name van hemelliggame en sterrekundige stelsels begin met ʼn hoofletter (AWS 9.9).
Sien ook die bladsy Slegs hoofletter.



TOTAALRESULTAAT:
85% korrek

Verduideliking van die kleure en simbole:
KORREK GEKIESdie korrekte antwoord (deur jou gekies)
DIE KORREKTE ANTWOORDdie korrekte antwoord (nie deur jou gekies nie)
VERKEERD GEKIES'n verkeerde antwoord (deur jou gekies)
Verkeerd.'n verkeerde antwoord (nie deur jou gekies nie)





Hulp / Kontak  |  Profiel  |  






© 2013 Beter Afrikaans is 'n gesamentlike onderneming tussen die ATKV, VivA en Martin van Toll Producties