Mobiele weergawe | Na groot weergawe



Antwoorde van 15-07-2026 (vlak 1)



vorige toets 15 JUL volgende toets
(klik op 'n pyltjie om na 'n ander datum te blaai)


Die deelnemers op vlak 1 het die toets van 15-07-2026 só ingevul:



Nanhlahla is die ........ vrou wat ek nóg gesien het.

93 % (afgerond)statigste 
6 % (afgerond)mees statigste
statige
statig

Trappe van vergelyking volg gewoonlik ’n gevestigde patroon: Daar is die stellende trap, byvoorbeeld “statig”, die vergrotende trap, byvoorbeeld “statiger” en die oortreffende trap, byvoorbeeld “statigste”.
In die oortreffende trap word die woord “mees” nooit saam met “-ste” gebruik nie.
Sien ook die bladsy Trappe van vergelyking.



Na al die oefening is ek nou nat ........ .
gesweut
gesweed
99 % (afgerond)gesweet 
geswiet

As gevolg van oorronding in die uitspraak, skryf party mense verkeerdelik "sweut" in plaas van die korrekte "sweet".
Sien ook die bladsy Ont-/oorronding.



Die ........ het verkies om nie te trou nie.
9 % (afgerond)ou jongkêrel
1 % (afgerond)ou-jong-kêrel
89 % (afgerond)oujongkêrel 
1 % (afgerond)ou jong kêrel

Byvoeglike naamwoorde (soos "ou" of "jong") word gewoonlik los van selfstandige naamwoorde (soos "kêrel") geskryf. Wanneer betekenisverdigting egter plaasgevind het (dit wil sê as die begrip ʼn spesifieke betekenis kry), vorm die twee begrippe ʼn eenheid en word hulle vas geskryf. 
Sien ook die bladsy Betekenisverdigting.



Die kêrel het die meisie tien kusse gegee.
'n Sinoniem vir "kusse" in die bogenoemde sin is:

houe
armbandjies
100 %soene 
lekkers

Die meervoud van "kus" (wat 'soen' beteken) is "kusse"; die meervoud van "kus" (wat 'strand' beteken) is "kuste".

Sien ook die bladsy Sinonieme.



TOTAALRESULTAAT:
95% korrek

Verduideliking van die kleure en simbole:
KORREK GEKIESdie korrekte antwoord (deur jou gekies)
DIE KORREKTE ANTWOORDdie korrekte antwoord (nie deur jou gekies nie)
VERKEERD GEKIES'n verkeerde antwoord (deur jou gekies)
Verkeerd.'n verkeerde antwoord (nie deur jou gekies nie)





Hulp / Kontak  |  Profiel  |  






© 2013 Beter Afrikaans is 'n gesamentlike onderneming tussen die ATKV, VivA en Martin van Toll Producties