13 JUL (klik op 'n pyltjie om na 'n ander datum te blaai)
Die deelnemers op vlak 1 het die toets van 13-07-2026 só ingevul:
Die Hoëveld het ʼn droë ........ in die winter.
klimat klimmaat klimaat kliemaat
In geslote lettergrepe word lang klanke verdubbel om aan te dui dat hulle lank uitgespreek word (AWS 16.1).
Sien ook die bladsy Lang/kort vokale.
Die kat het al die voëls ........ .
vergejaag geverjaag verjaag
Woorde wat met “be-”, “ge-”, “her-”, “er-”, “ont-” en “ver-” begin, kry nie ʼn “ge-” in die verlede tyd of verboë vorm nie.
Sien ook die bladsy Verlede tyd.
........ en dwase skryf hul name op deure en glase.
Geks geks Gekke gekke
Die eerste woord van ʼn sin begin met ʼn hoofletter, tensy die sin met die onbepaalde lidwoord " ʼn" begin – dan kom die hoofletter ná die onbepaalde lidwoord.
Sien ook die bladsy Sinsbegin.
Sy laat haar so maklik fop deur iemand wat eerlik lyk. 'n Sinoniem vir die woord "fop" is ........ .
onderkry berispe mislei terg
Sinonieme is woorde met min of meer dieselfde betekenis. Ander sinonieme vir die woord "fop" sluit in "kul", "bedrieg", "vang" en "flous".
Sien ook die bladsy Sinonieme.
Verduideliking van die kleure en simbole: die korrekte antwoord (deur jou gekies) die korrekte antwoord (nie deur jou gekies nie) 'n verkeerde antwoord (deur jou gekies) 'n verkeerde antwoord (nie deur jou gekies nie)