Mobiele weergawe | Na groot weergawe



Antwoorde van 10-07-2026 (vlak 3)



vorige toets 10 JUL volgende toets
(klik op 'n pyltjie om na 'n ander datum te blaai)


Die deelnemers op vlak 3 het die toets van 10-07-2026 só ingevul:



Hulle het ........ geloop, maar het steeds verdwaal.
11 % (afgerond)pad langs
1 % (afgerond)pad-langs
88 % (afgerond)padlangs 

Samestellings word vas geskryf. In hierdie geval bestaan die samestelling uit 'n naamwoord en 'n setsel.
Sien ook die bladsy Samestellings.



Waarvoor staan die akroniem "SAVLU"?
9 % (afgerond)Suid-Afrikaanse Vereniging vir Landbou-unies
2 % (afgerond)Suid-Afrikaanse Vereniging vir Langafstand- en Ultramaratonatlete
89 % (afgerond)Suid-Afrikaanse Vroue-Landbou-Unie 

'n Akroniem is 'n afkorting wat as 'n woord uitgespreek word. Die Afrikaanse Woordelys en Spelreëls het 'n omvattende lys met afkortings in Afrikaans. Jy kan ook vir afkortings soek op www.woordelys.co.za.
Sien ook die bladsy Akronieme.



Idioom: Iemand oor die vingers ........ .
raak
99 % (afgerond)tik 
brand
1 % (afgerond)slaan

Hierdie idioom beteken 'iemand berispe'.
Sien ook die bladsy Idiome, spreuke en spreekwoorde.



Volgens die Islam word die profeet ........ gesien as die laaste profeet en boodskapper wat die openbaring van God ontvang het.
1 % (afgerond)Moegammad of Muchammad
54 % (afgerond)Mohammed of Moegammad of Muchammad 
32 % (afgerond)slegs Mohammed
13 % (afgerond)slegs Muchammad of Mohammed

Die spellings "Mohammed", "Moegammad" of Muchammad" word almal erken. Die woord "Mohammed" is afkomstig uit die Arabies.
Sien ook die bladsy Persoonsname.



TOTAALRESULTAAT:
82% korrek

Verduideliking van die kleure en simbole:
KORREK GEKIESdie korrekte antwoord (deur jou gekies)
DIE KORREKTE ANTWOORDdie korrekte antwoord (nie deur jou gekies nie)
VERKEERD GEKIES'n verkeerde antwoord (deur jou gekies)
Verkeerd.'n verkeerde antwoord (nie deur jou gekies nie)





Hulp / Kontak  |  Profiel  |  






© 2013 Beter Afrikaans is 'n gesamentlike onderneming tussen die ATKV, VivA en Martin van Toll Producties