Mobiele weergawe | Na groot weergawe



Antwoorde van 08-07-2026 (vlak 3)



vorige toets 08 JUL volgende toets
(klik op 'n pyltjie om na 'n ander datum te blaai)


Die deelnemers op vlak 3 het die toets van 08-07-2026 só ingevul:



Ouma sug en sê: ........
3 % (afgerond)Vanmelewe se dae was baie rustiger.
64 % (afgerond)"Vanmelewe se dae was baie rustiger." 
3 % (afgerond)'Vanmelewe se dae was baie rustiger.'
29 % (afgerond)"Vanmelewe se dae was baie rustiger".

Dubbelaanhalingstekens kan gebruik word om direkte rede aan te dui. Die punt wat die sin in die direkte rede afsluit, word voor die laaste dubbelaanhalingsteken geskryf.
Sien ook die bladsy Aanhalingstekens.



Dit was so besig, daar was nie eens kans vir ........ nie.
asem-skep
85 % (afgerond)asemskep 
15 % (afgerond)asem skep

Wanneer 'n naamwoord plus 'n werkwoord betekenisverdigting ('n woordgroep wat met verloop van tyd 'n gespesialiseerde betekenis verkry het wat verskil van die oorspronklike groep) ondergaan het, word die verbinding vas geskryf.
Sien ook die bladsy Betekenisverdigting.



Die ........ van Behuising is dr. Gericke.
28 % (afgerond)Direkteur-Generaal
43 % (afgerond)Direkteur-Generaal of direkteur-generaal 
15 % (afgerond)Direkteur-generaal
15 % (afgerond)direkteur-generaal

'n Ampsbenaming ("direkteur-generaal") wat na 'n individu verwys, of die naam van 'n instelling ("behuising"), begin tradisioneel met 'n hoofletter. Sedert die 2009-AWS is daar egter geen definitiewe reël meer hieroor nie; dit is dus moontlik om dit met 'n hoof- of kleinletter te skryf.
Sien ook die bladsy Aanspreekvorme.



Idioom: Die ou ........ is dood en die jonges eet brood.
2 % (afgerond)familie
88 % (afgerond)profete 
10 % (afgerond)geslag
1 % (afgerond)werkers

Die idioom, "die ou profete is dood en die jonges eet brood," beteken dat 'n mens nie op enigeen se voorspelling kan staatmaak nie. Dit is moontlik ontleen aan die Bybel (Amos 7:12) waar Amasia eis dat Amos na Juda moet gaan en daar brood eet en profeteer.
(Bron: Spreekwoorde - Anton Prinsloo)
Sien ook die bladsy Idiome, spreuke en spreekwoorde.



TOTAALRESULTAAT:
70% korrek

Verduideliking van die kleure en simbole:
KORREK GEKIESdie korrekte antwoord (deur jou gekies)
DIE KORREKTE ANTWOORDdie korrekte antwoord (nie deur jou gekies nie)
VERKEERD GEKIES'n verkeerde antwoord (deur jou gekies)
Verkeerd.'n verkeerde antwoord (nie deur jou gekies nie)





Hulp / Kontak  |  Profiel  |  






© 2013 Beter Afrikaans is 'n gesamentlike onderneming tussen die ATKV, VivA en Martin van Toll Producties