Mobiele weergawe | Na groot weergawe



Antwoorde van 08-07-2026 (vlak 1)



vorige toets 08 JUL volgende toets
(klik op 'n pyltjie om na 'n ander datum te blaai)


Die deelnemers op vlak 1 het die toets van 08-07-2026 só ingevul:



Dis tyd vir my ........ wandeling.

93 % (afgerond)daaglikse 
dagliks
1 % (afgerond)daagliks
5 % (afgerond)daglikse

Sommige byvoeglike naamwoorde wat voor ʼn selfstandige naamwoord staan, kry ʼn “-e” (attributiewe “-e”) agteraan.
Sien ook die bladsy Attributiewe -e.



Die gras was vanoggend nat van die ........ .

86 % (afgerond)dou 
12 % (afgerond)dauw
doeu
1 % (afgerond)dau

Diftonge, oftewel tweeklanke, is ʼn opeenvolging van vokaalklanke wat sonder onderbreking uitgespreek word. Diftonge word nie met leestekens gespel nie.
Die diftong [œu] word in Afrikaans met "ou" geskryf teenoor Nederlands waar dit op verskillende maniere geskryf word.
Sien ook die bladsy Diftonge.



Dit is die sewende keer dat Olga aan die ........ deelneem.
wet-loop
98 % (afgerond)wedloop 
wed-loop
1 % (afgerond)wetloop

ʼn Samestelling ("wedloop") is ʼn woord wat uit twee of meer woorddele ("wed" en "loop") bestaan. Samestellings moet vas geskryf word.
Sien ook die bladsy Samestellings.



Moenie jou skoene so verniel nie.
Ons huis is deur 'n hewige storm beskadig.
Die woorde "verniel" en "beskadig" in bostaande sinne is ........ .
1 % (afgerond)antonieme
86 % (afgerond)sinonieme 
3 % (afgerond)homofone
9 % (afgerond)homonieme

Sinonieme is verskillende woorde wat min of meer dieselfde betekenis het, byvoorbeeld "verniel" en "beskadig".
Sien ook die bladsy Sinonieme.



TOTAALRESULTAAT:
91% korrek

Verduideliking van die kleure en simbole:
KORREK GEKIESdie korrekte antwoord (deur jou gekies)
DIE KORREKTE ANTWOORDdie korrekte antwoord (nie deur jou gekies nie)
VERKEERD GEKIES'n verkeerde antwoord (deur jou gekies)
Verkeerd.'n verkeerde antwoord (nie deur jou gekies nie)





Hulp / Kontak  |  Profiel  |  






© 2013 Beter Afrikaans is 'n gesamentlike onderneming tussen die ATKV, VivA en Martin van Toll Producties