Mobiele weergawe | Na groot weergawe



Antwoorde van 06-07-2026 (vlak 2)



vorige toets 06 JUL volgende toets
(klik op 'n pyltjie om na 'n ander datum te blaai)


Die deelnemers op vlak 2 het die toets van 06-07-2026 só ingevul:



Die dief is vort met al haar juwele.
Wat is die woordsoort van "vort" in bostaande sin?

55 % (afgerond)bywoord 
4 % (afgerond)voegwoord
25 % (afgerond)byvoeglike naamwoord
16 % (afgerond)selfstandige naamwoord

'n Bywoord beskryf die werkwoord of 'n byvoeglike naamwoord. 'n Mens kan bepaal of 'n woord 'n bywoord is deur te kyk of die woord die vraag "Hoe?" van die werkwoord of adjektief beantwoord, byvoorbeeld: Hoe is die dief met al haar juwele? Die antwoord: vort.
Sien ook die bladsy Woordsoorte.



Johnston word as ’n ........ by die hospitaal behandel.
12 % (afgerond)buite-pasiënt
3 % (afgerond)buitenpasiënt
5 % (afgerond)buite pasiënt
80 % (afgerond)buitepasiënt 

Byvoeglike naamwoorde (soos "buite") word gewoonlik los van selfstandige naamwoorde (soos "pasiënt") geskryf. Wanneer betekenisverdigting egter plaasgevind het (dit wil sê as die begrip ʼn spesifieke betekenis kry), vorm die twee begrippe ʼn eenheid en word hulle vas geskryf.
Sien ook die bladsy Betekenisverdigting.



Hoeveel ........ is daar op die N1 tussen Johannesburg en Pretoria?
12 % (afgerond)bruë
1 % (afgerond)bruggens
82 % (afgerond)brûe 
5 % (afgerond)bruê

By sommige woorde wat eindig op 'n "g", word die meervoudsvorm gevorm deur die toevoeging van 'n "-e", die weglating van die "g" en die toevoeging van 'n kappie op die vokaal wat die "g" voorafgegaan het, byvoorbeeld "brug - brûe", "sog - sôe" en "wig - wîe".
Sien ook die bladsy Meervoudsvorme.



Idioom: Die beste ........ staan aan wal.
2 % (afgerond)matroos
5 % (afgerond)kaptein
93 % (afgerond)stuurman 
1 % (afgerond)offisier

Die idioom "die beste stuurman staan aan wal" beteken 'dit is maklik om ander te kritiseer as jy nie in hulle posisie is nie'. (Bron Spreekwoorde - Anton Prinsloo)
Sien ook die bladsy Idiome, spreuke en spreekwoorde.



TOTAALRESULTAAT:
77% korrek

Verduideliking van die kleure en simbole:
KORREK GEKIESdie korrekte antwoord (deur jou gekies)
DIE KORREKTE ANTWOORDdie korrekte antwoord (nie deur jou gekies nie)
VERKEERD GEKIES'n verkeerde antwoord (deur jou gekies)
Verkeerd.'n verkeerde antwoord (nie deur jou gekies nie)





Hulp / Kontak  |  Profiel  |  






© 2013 Beter Afrikaans is 'n gesamentlike onderneming tussen die ATKV, VivA en Martin van Toll Producties