Mobiele weergawe | Na groot weergawe



Antwoorde van 03-07-2026 (vlak 1)



vorige toets 03 JUL volgende toets
(klik op 'n pyltjie om na 'n ander datum te blaai)


Die deelnemers op vlak 1 het die toets van 03-07-2026 só ingevul:



Vandeesmaand se ........ van die tydskrif was een van die bestes nog.
96 % (afgerond)uitgawe 
1 % (afgerond)uitgewe
3 % (afgerond)uitgaaf
uitgeef

’n Plek wat publikasies uitgee is ’n "uitgewer"; die bepaalde publikasie wat daardie maand of week uitgegee word, is die "uitgawe"; die uitgewer "gee" die uitgawe "uit".
Sien ook die bladsy Twyfelwoorde (mits vs tensy).



Die ........ student het met onderskeidings in al sy vakke geslaag.
hardwerk
98 % (afgerond)hardwerkende  
1 % (afgerond)hardwerkend
harkwerkse

Sommige byvoeglike naamwoorde wat voor ʼn selfstandige naamwoord staan, kry ʼn “-e” (attributiewe “-e”) agteraan.
Sien ook die bladsy Attributiewe -e.



As kind moes ek vinnig hardloop as die ganse ........ en my jaag.
5 % (afgerond)sis
86 % (afgerond)blaas 
5 % (afgerond)krys
3 % (afgerond)kekkel

'n Gans blaas, snater of gaggel.
Sien ook die bladsy Dieregeluide.



My kollega is afgedank nadat hy geld gesteel het.
Die woordsoort van "afgedank" is 'n ........ .
94 % (afgerond)werkwoord 
1 % (afgerond)voegwoord
1 % (afgerond)lidwoord
4 % (afgerond)byvoeglike naamwoord

'n Werkwoord benoem die aksie of proses in 'n sin. Een manier om vas te stel of 'n woord 'n werkwoord is, is om te kyk of daar 'n verledetydsvorm van die woord bestaan, wat gewoonlik met "ge-" aangedui word.
Sien ook die bladsy Woordsoorte.



TOTAALRESULTAAT:
94% korrek

Verduideliking van die kleure en simbole:
KORREK GEKIESdie korrekte antwoord (deur jou gekies)
DIE KORREKTE ANTWOORDdie korrekte antwoord (nie deur jou gekies nie)
VERKEERD GEKIES'n verkeerde antwoord (deur jou gekies)
Verkeerd.'n verkeerde antwoord (nie deur jou gekies nie)





Hulp / Kontak  |  Profiel  |  






© 2013 Beter Afrikaans is 'n gesamentlike onderneming tussen die ATKV, VivA en Martin van Toll Producties