02 JUL (klik op 'n pyltjie om na 'n ander datum te blaai)
Die deelnemers op vlak 2 het die toets van 02-07-2026 só ingevul:
Dis baie uitputtend om in die ........ se geselskap te wees; hy praat net heeltyd hoe wonderlik dit in sy vaderland is.
sjovinis chauvinis sjowinis chouvinis
Vreemde woorde ("chauvinis") behou in bepaalde gevalle hulle vreemde spelvorm.
Sien ook die bladsy Vreemde woorde.
Die ........ wat ons by die lughawe kom haal het, was te klein vir al ons bagasie.
taxi'kie taxitjie taxikie taxi'tjie
Woorde wat op ʼn “i”, “o”, “u” en ʼn beklemtoonde (lang) “a” eindig, word in die verkleiningsvorm met ʼn afkappingsteken geskryf (AWS 15.11).
Sien ook die bladsy Verkleiningsvorme.
Die wêreldbekende musiekfees wat jaarliks in Augustus naby Northam in Limpopo plaasvind, is ........ .
oppikoppie Op die Koppie Oppiekoppie Oppikoppie
Name van feeste word met hoofletters geskryf, byvoorbeeld "Oppikoppie", "Aardklop" en "Innibos".
Sien ook die bladsy Slegs hoofletter.
Die kantoorwerker van Moskou was glo besig om ’n selfie te neem toe die geweer afgaan. Die koeël het haar in ........ getref.
haar tempel die slaap van haar kop haar kopkant
Die Afrikaans vir die Engelse woord "temple" wat na die kant van 'n kop verwys, is "slaap" in Afrikaans.
Sien ook die bladsy Vertaling en terminologie.
Verduideliking van die kleure en simbole: die korrekte antwoord (deur jou gekies) die korrekte antwoord (nie deur jou gekies nie) 'n verkeerde antwoord (deur jou gekies) 'n verkeerde antwoord (nie deur jou gekies nie)