Mobiele weergawe | Na groot weergawe



Antwoorde van 01-07-2026 (vlak 3)



vorige toets 01 JUL volgende toets
(klik op 'n pyltjie om na 'n ander datum te blaai)


Die deelnemers op vlak 3 het die toets van 01-07-2026 só ingevul:



Sal jy ........ vir my 'n gunsie doen?
37 % (afgerond)slegs 'seblief
58 % (afgerond)seblief of 'seblief 
2 % (afgerond)slegs sseblief
3 % (afgerond)slegs 'sseblief

Die afkappingsteken word in 'n aantal gevalle gebruik om aan te dui dat letters ontbreek, soos "as 't" in plaas van "as het". Die woord "seblief" is al ingeburger dat die AWS albei spelwyses aanvaar.
Sien ook die bladsy Afkappingsteken.



My pa het destyds 'n ou ........ gery.
5 % (afgerond)1954 Triumph TR2 afslaankap
51 % (afgerond)1954-Triumph TR2-afslaankap 
29 % (afgerond)1954 Triumph TR2-afslaankap
15 % (afgerond)1954-Triumph-TR2-afslaankap

In samestellings met eiename waar een deel van die samestelling los geskryf moet word, word die spasies in samestellings behou, byvoorbeeld "2-deur-Land Rover-motor" of "1954-Triumph TR2-afslaankap".
Sien ook die bladsy Samestellings.



God verwag dat ons op Hom sal vertrou, want ........ almag is groot.
41 % (afgerond)Sy
16 %Sy of sy
43 % (afgerond)sy 

Die besitlike voornaamwoorde "sy" en "u" (vir God) word met 'n kleinletter geskryf.
Sien ook die bladsy Slegs kleinletter.



Idioom: Met huitjie en ........ vandaan gaan.
3 % (afgerond)buikie
83 % (afgerond)muitjie 
13 % (afgerond)kruidjie
1 % (afgerond)velletjie

As jy sak en pak vertrek, sê ons in die idioom jy gaan met huitjie en muitjie vandaan.
Sien ook die bladsy Idiome, spreuke en spreekwoorde.



TOTAALRESULTAAT:
59% korrek

Verduideliking van die kleure en simbole:
KORREK GEKIESdie korrekte antwoord (deur jou gekies)
DIE KORREKTE ANTWOORDdie korrekte antwoord (nie deur jou gekies nie)
VERKEERD GEKIES'n verkeerde antwoord (deur jou gekies)
Verkeerd.'n verkeerde antwoord (nie deur jou gekies nie)





Hulp / Kontak  |  Profiel  |  






© 2013 Beter Afrikaans is 'n gesamentlike onderneming tussen die ATKV, VivA en Martin van Toll Producties